Leesplan inligting

StorievertellersVoorbeeld

Storytellers

DAG 14 VAN 15

VERDIEN DIE REG


Vir baie jare het my pa seminare by kolleges en universiteite aangebied. Eenkeer toe hy met 'n groep van Harvard gepraat het, het hy opgelet dat die mense belangstelling verloor. Wat kon hierdie sakeman hulle nou eintlik vertel? Hy begin toe om 'n gedig van die groot digter, Robert Frost, aan te haal. Skielik het almal in die vertrek aandag gegee. Hy het die reg verdien om gehoor te word.


Toe Paulus met die kulturele elite van antieke Griekeland gepraat het, het hy ook 'n bekende digter aangehaal. Hoekom? Paulus het belangstelling getoon in die Griekse kultuur. Hy het waardering getoon vir die Griekse kultuur. Dit het vir hulle gewys dat hy welbelese was. Paulus het die reg verdien om deur 'n groep mense gehoor te word wat hom maklik as 'n onbelangrike en onkundige buitelander kon afmaak. In plaas daarvan was hulle nuuskierig om meer te wete te kom. 


Wat kan ons dus leer uit hoe Paulus met die intellektuele elite kontak gemaak het?



  1. Vind gemeenskaplike grond. Paulus het 'n Griekse digter aangehaal en sy gesprek begin met die bespreking van een van die baie Griekse gode wat aanbid is (Handelinge 17:22-29). Eerder as om van die begin af te veroordeel, het Paulus gemeenskaplike grond gevind en die reg verdien om gehoor te word. 

  2. Identifiseer 'n behoefte. Hoekom het die antieke Grieke so baie afgode en gode aanbid? Hulle was op soek na iets om in te glo — hulle was op soek na God al het hulle nie geweet wie Hy was nie. Ons doen dieselfde. Ons soek vir waarde, doel en identiteit in geld, 'n loopbaan, sukses of verhoudinge — ons moderne afgode. God is egter die enigste Een wat hierdie soeke ten volle kan bevredig.

  3. Wees dapper. Paulus het nie die waarheid omseil nie. Sonder om 'n enkele Bybelvers aan te haal, (die Grieke het nie die Bybel geken nie), het alles wat Paulus verkondig het uit die Woord van God gekom. Uiteindelik het hy hulle uitgedaag om tot bekering te kom — om weg te draai van hulle ou manier van dink en lewe. As hy by Harvard gepraat het, sou hy dieselfde gesê het: "Bekeer julle en glo in die man wat uit die dood opgestaan het."


Vir wie gaan jy van Jesus vertel? Moenie 'n persoon miskyk net oor sy verskille nie. Volg Paulus se voorbeeld en ruim tyd in om gemeenskaplike grond te vind. Dan sal jy dalk die reg verdien om gehoor te word. 


Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Storytellers

Die Bybel is vol verhale en storievertellers. Hierdie reeks vertel van sommige van hulle, insluitend die beste storieverteller, Jesus. Dit gee ook uitstekende insigte oor hoe om in jou eie lewe 'n storieverteller te word...

More

Baie dankie aan "Right From The Heart" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.rightfromtheheart.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid