Leesplan inligting

StorievertellersVoorbeeld

Storytellers

DAG 9 VAN 15

DIE ABC VAN STORIEVERTELLING


Almal van ons het 'n verhaal om te vertel. Volgelinge van Jesus se verhale kan baie kragtig wees! Hoekom? Want ons verhale vertel vir ander mense van Jesus. Te dikwels deel ons nie ons verhale van hoe ons Jesus ontmoet het nie, want ons weet nie hoe nie. Wel, die apostel Paulus wys vir ons 'n duidelike drie-stap metode om ons geloofsreis met ander te deel: 



  1. Die lewe VOOR Christus: Paulus het grootgeword in wat vandag as Suid-Turkye bekendstaan. Hy het uit 'n goeie Joodse gesin gekom. Toe hy omtrent 12 jaar oud was, het hy na Jerusalem gegaan om onder die groot rabbi van destyds te studeer. As 'n volwassene het Paulus begin om Jesus se volgelinge te vervolg, wat hom een van die eerste godsdienstige terroriste maak. Net soos enige ander godsdienstige terroris, het Paulus met sy hele hart geglo dat wat hy gedoen het, reg was. 

  2. ONTMOETING met Christus: Terwyl Paulus op reis was na Damaskus, die hedendaagse Sirië, om volgelinge van Jesus in die tronk te gooi, het hy Christus ontmoet. Jesus het in die vorm van 'n helder lig verskyn wat Paulus vir drie dae lank verblind het en hom gedwing het om te worstel met alles waarmee hy tot op daardie stadium bekend was en geglo het. Dit was op hierdie punt in sy verhaal wat Paulus die waarheid oor Jesus herken het. Dít is bekering: die verandering van die denke, wat tot 'n koersverandering lei, 'n hartsverandering en 'n verandering van prioriteite. Voordat 'n persoon nie sy sondeskuld besef in die lig van die sondeloosheid van Jesus Christus nie, sal hy of sy nooit die derde deel van die verhaal verstaan nie.

  3. Die lewe NA Christus: Paulus, die mees vasberade Jesus-vervolger wat daar nog ooit was, het die grootste sendeling in die kerkgeskiedenis geword en die skrywer van die grootste gedeelte van die Nuwe Testament, net as gevolg van 'n lewensveranderende ontmoeting met Jesus Christus. 


Wat is dus jou verhaal? Geen verhaal is volledig voordat dit al drie dele bevat nie: voor Christus, ontmoeting met Christus en na 'n ontmoeting met Christus. As jou verhaal net 'n eerste deel het, laat vandag 'n keerpunt word. Maak jou hart vir Christus oop en laat Hom toe om jou lewe drasties te verander! En as jy, soos Paulus, al vir Christus ontmoet het, wanneer was die laaste keer toe jy dit met iemand gedeel het? Want 'n verhaal moet oorvertel word — dis 'n groot rede hoekom God jou gekies het. Vra God om vir jou 'n geleentheid te gee om jou verhaal vandag te deel.


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Storytellers

Die Bybel is vol verhale en storievertellers. Hierdie reeks vertel van sommige van hulle, insluitend die beste storieverteller, Jesus. Dit gee ook uitstekende insigte oor hoe om in jou eie lewe 'n storieverteller te word...

More

Baie dankie aan "Right From The Heart" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.rightfromtheheart.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid