Leesplan inligting

StorievertellersVoorbeeld

Storytellers

DAG 1 VAN 15

JESUS ROEP DIE DISSIPELS 


Het jy al ooit gewonder hoekom die dissipels alles laat staan het — hul werk, familie en die lewe wat hulle geken het — om Jesus te volg? Hulle het nie die evangelies gehad om vir hulle die einde van die verhaal te vertel nie; hulle sou diegene wees wat daardie laaste hoofstukke sou aanskou! Hoekom het hulle Jesus begin volg toe Hy hulle genooi het? Hoe kon hierdie geharde vissermanne en kleinsakeondernemers met families, alles net so laat staan om Jesus te volg? In der waarheid het hulle nie — nie dadelik nie. Hulle verhale hoe hulle Jesus leer ken het, begin eintlik al lank voor daardie tyd. 



  • Dit het by Andreas begin. Eendag, tydens 'n herlewing onder die Jode, het Jesus opgedaag en is deur Johannes die Doper gedoop. 'n Welbekende leraar en profeet, Johannes die Doper, het Jesus die "Lam van God" genoem, wat beteken, die een wat die sonde van die wêreld sou wegneem. Andreas, 'n volgeling van Johannes die Doper en toekomstige dissipel van Jesus, was nuuskierig. Kon Jesus regtig die Verlosser wees? (Johannes 1:35-37)

  • Andreas het vir sy broer gaan vertel. Nadat hy met Jesus gepraat het, het Andreas Hom aan sy broer, Simon, gaan voorstel. Jesus het Simon se naam verander na Sefas, of Petrus, wat "rots" beteken. Skielik het Jesus Petrus se volle aandag gehad (Johannes 1:40).

  • Hulle het wonderwerke aanskou. Jesus se bediening het in die klein dorpie Kapernaum begin, dieselfde dorp waar Andreas en Simon Petrus gewoon en eerstehands Jesus se wonderwerke beleef het (Lukas 4:31-41).

  • Jesus het in 'n persoonlike en professionele behoefte voorsien. Jesus het Simon Petrus se skoonma gesond gemaak en later 'n wonderwerk met visse laat gebeur — Andreas en Simon Petrus se professionele veld (Lukas 4:38-39, Lukas 5:4-7).


En toe gebeur dit — die oproep om Jesus te volg. Simon Petrus se oë het uiteindelik oopgegaan en hy het sy sonde herken. Op daardie oomblik van oortuiging, daardie besef van heiligheid, grootsheid en die wonder van Jesus, was Petrus gereed om alles te laat staan om Jesus te volg. 


Is jy gereed vir Jesus se roeping in jou lewe? Dalk leer jy Jesus nou maar eers ken. Dalk was jy al vir 'n lang tyd soekende. Om 'n Christen te word behels nie net om te weet WIE Jesus is nie — dit beteken ook dat jy op sy roeping, "volg my", reageer. Die vraag is: Hoe gaan jy reageer? 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Storytellers

Die Bybel is vol verhale en storievertellers. Hierdie reeks vertel van sommige van hulle, insluitend die beste storieverteller, Jesus. Dit gee ook uitstekende insigte oor hoe om in jou eie lewe 'n storieverteller te word...

More

Baie dankie aan "Right From The Heart" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.rightfromtheheart.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid