Leesplan inligting

StorievertellersVoorbeeld

Storytellers

DAG 7 VAN 15

JESUS VIR DIE GODSDIENSTIGES


Die apostel Paulus was 'n ongelooflike kommunikeerder en sendeling. Hy het die evangelie van Jesus Christus verkondig en gesien hoe baie mense gelowig geword het. Christene van vandag kan baie uit Paulus se voorbeeld leer oor hoe om die evangelie aan mense oor te dra wat van verskillende agtergronde, belewenisse en godsdienste afkomstig is.


Paulus was 'n Jood. Nie net 'n "kulturele Jood" wat die feesdae en gewilde tradisies onderhou het nie, maar 'n ywerige gelowige in Judaïsme, voor sy radikale ontmoeting met Christus. Jy kan verseker wees dat Paulus mede-Jode met wie hy gepraat het baie goed verstaan het. Wanneer Paulus dus met Joodse vriende gepraat het, sou hy baie sensitief wees oor hulle bekommernisse en met hulle gesels vanuit hulle oogpunt. Deur dit te doen het Paulus gewys hoe ons ook met godsdienstige mense oor Christus kan praat: soos byvoorbeeld Moslems, Boeddhiste of Mormone. Presies hoe het Paulus aanklank gevind by die mense wie se geloof van syne verskil het? Dit begin met respek en 'n opregte besorgdheid oor ander mense. 


Verbeel jou jy bespreek geloof met 'n Moslemvriend. Weet jy dat die Koran in der waarheid skryf dat Jesus 'n groot profeet was wat uit 'n maagd gebore is? Daar is natuurlik 'n radikale verskil: In Islam was Jesus slegs 'n man en 'n groot profeet, nie God nie. Deur egter te vra wat die Koran van Jesus sê en die Moslem se oogpunt te respekteer, mag jy dalk vind dat julle 'n dieper geestelike gesprek kan hê. Julle kan selfs die Bybel begin studeer om uit te vind wat dit van Jesus sê. 


Dis wat so wonderlik is: die waarheid word nie deur valse lering bedreig nie. Moenie geïntimideer voel om geloof met ander mense van ander gelowe te bespreek nie. Vertrou op die Woord van God, vertrou op die evangelie en vertrou God om die waarheid te openbaar. Respek, opregte besorgdheid en aanvaarding is die beginpunt van die proses om die evangelie te verkondig. Wat die evangelie van Jesus Christus betref, behoort niemand uitgesluit te word nie.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Storytellers

Die Bybel is vol verhale en storievertellers. Hierdie reeks vertel van sommige van hulle, insluitend die beste storieverteller, Jesus. Dit gee ook uitstekende insigte oor hoe om in jou eie lewe 'n storieverteller te word...

More

Baie dankie aan "Right From The Heart" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.rightfromtheheart.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid