Leesplan inligting

StorievertellersVoorbeeld

Storytellers

DAG 11 VAN 15

GELOOF SOOS FILIPPUS S'N


'n Paar jaar gelede was ek op pad om 'n nuwe paartjie te besoek wat ons kerk besoek het. Dit was 'n Maandagaand. Nadat ek die vorige dag drie keer gepreek het, was ek moeg en het teenoor God begin kla. "Dis te ver om te ry — hoekom mors ek my tyd? Hierdie mense gaan nie weer al die pad na ons kerk toe kom nie." Uiteindelik het ek daar aangekom en net nadat ons gaan sit het, het die man gevra hoe hy 'n Christen kan word. Ek was verstom en het stilweg vir God gevra om my vroeëre houding te vergewe. Die man het daardie aand 'n Christen geword. Soms vra God ons om Hom te vertrou al is ons moeg of iets maak nie sin nie. Die vraag is, gaan ons gehoorsaam wees? 


Filippus was 'n talentvolle leraar en evangelis in die beginjare van die kerk. Tydens sy reise het mense op sy vertelling van Jesus Christus se verhaal gereageer. Skielik, in die middel van 'n groot byeenkoms waar mense tot bekering gekom het, vra God vir Filippus om te vertrek en 'n reis aan te pak op 'n 96.5 kilometer woestynpad tussen Jerusalem en Gasa. As ek Filippus was sou dit maklik wees om God te bevraagteken. Hoe kon ek NOU vertrek terwyl daar so baie aan die gang is? Niemand woon in die woestyn nie. Filippus het egter op God vertrou en vertrek. 


Wonder bo wonder kom hy toe op 'n invloedryke Etiopiëse man af wat uit die boek van Jesaja sit en lees. Nie net dit nie, maar die man was besig om die profesie van Jesus se dood aan die kruis te lees, wat meer as 700 jaar voor Christus geskryf is (Jesaja 53). Praat van 'n God-beplande ontmoeting! Aangespoor deur die Heilige Gees, het Filippus na die man gegaan en 'n gesprek begin wat hom na Christus gelei het. Daardie man het die eerste gelowige uit Afrika geword. Praat van betekenisvolheid; hy het selfs die eerste een geword wat die evangelie na die hele vasteland geneem het. Sjoe!


Dit is skaars om in so 'n situasie te kom waar iemand so gereed is om die evangelie te aanvaar, tog vra ons onsself af: Gee ons aandag? Sal ons die aansporing van die Heilige Gees herken as ons moet gaan, optree en deel? Of is ons te gefokus op ons eie lewens, ons program en ons gerief? Volg Filippus se voorbeeld van geloof en gehoorsaamheid, ongeag van waar die Heilige Gees jou heen lei.


Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Storytellers

Die Bybel is vol verhale en storievertellers. Hierdie reeks vertel van sommige van hulle, insluitend die beste storieverteller, Jesus. Dit gee ook uitstekende insigte oor hoe om in jou eie lewe 'n storieverteller te word...

More

Baie dankie aan "Right From The Heart" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.rightfromtheheart.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid