Leesplan inligting

StorievertellersVoorbeeld

Storytellers

DAG 10 VAN 15

JESUS VIR ALMAL


Dis nie vreemd dat gesprekke oor geloof verskillend is afhangende van die konteks en gehoor nie. Dink daaroor na. Die manier waarop 'n Christen oor geloof gaan gesels met 'n Chinese konsertpianis, sal verskil van 'n gesprek met 'n middelklas kantoorwerker. Wat van 'n Moslem Imam of 'n Hollywood-ster? Verbeel jou 'n gesprek oor geloof met 'n hoërskool seun teenoor 'n feminis? Dink na oor die groot verskille van stryde, bekommernisse en wêreldbeskouings. Elke gesprek moet anders wees en klink. Om hierdie rede is Christene geroep om verskillende aanslae te hê om die evangelie van Christus met verskillende mense te deel.


Die apostel Paulus praat hieroor in 1 Korintiërs. Paulus verduidelik sy gewilligheid om sy eie persoonlike voorkeure en prioriteite opsy te stel om sodoende belangstelling in die ander persoon te toon. Hoekom? Sodat hy Christus aan hulle kan voorhou — op 'n manier wat hulle verstaan en wat vir hulle iets beteken. Dit is die toppunt van onselfsugtigheid om iemand op sy vlak te ontmoet, met opregte besorgdheid en respek, in die hoop om hulle te help om Jesus te leer ken. 


Wat van jou? Is jy gewillig om mense op hulle vlak te ontmoet om die waarheid van die evangelie te deel? Ons behoort te wees, want Jesus doen dieselfde vir elkeen van ons. Hy ontmoet ons in ons sondetoestand, ons skande en ons gebrokenheid en bied aan ons 'n nuwe lewe deur Hom. Onthou jy wie Jesus se storie met jou gedeel het? Hoekom deel jy dit dan nie met ander nie? Dis die beste geskenk wat jy hulle kan gee!


Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Storytellers

Die Bybel is vol verhale en storievertellers. Hierdie reeks vertel van sommige van hulle, insluitend die beste storieverteller, Jesus. Dit gee ook uitstekende insigte oor hoe om in jou eie lewe 'n storieverteller te word...

More

Baie dankie aan "Right From The Heart" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.rightfromtheheart.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid