Leesplan inligting

GeseëndVoorbeeld

Blessed

DAG 3 VAN 7

“Oorvloed”



Nog 'n belofte van God is dat jy rykdom en baie besittings sal hê. Ek weet daar is diegene wat meer gemaklik daarmee sou wees as die vers gesê het dat rykdom in die hart eerder as in die huis sou wees. Sulke mense worstel daarmee dat oorvloed God se belofte vir ons lewens is.



'n Vriend van my het op 'n keer met 'n pastoor gesels wat baie krities was oor hierdie denkwyse. In dieselfde asem vertel hy hoe desperaat hulle kerk 'n jeugpastoor nodig het, maar nie genoeg geld vir een het nie. Dit is nou maar so dat jy (as bediening of besigheid of gesin) gaan sukkel om die Koninkryk van God sonder geld uit te brei.



Party Christene dink rykdom en geldgierigheid is dieselfde, maar dit is nie. Daarom worstel hulle met die idee dat ons Hemelse Vader, net soos 'n liefdevolle ouer, nie 'n probleem daarmee het dat Sy kinders finansieël geseënd is nie. Jy moet egter in gedagte hou dat rykdom en besittings net een faset van 'n oorvloedige lewe is — dit gaan veel verder as die materiële. Johannes skryf die volgende: “ek hoop dat jy gesond is en dat dit in alle opsigte so goed gaan met jou as wat dit geestelik met jou gaan.” (3 Johannes 1:2)



'n Waarlik vooruitstrewende persoon begeer die oorvloed van God in alle areas van sy lewe en verstaan dat God hom wil seën, sodat hy ander mense kan seën. Jesus self sê in Johannes 10:10: “'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”



JOU LEWENSRUIMTE

God wil hê dat jy in alle gebiede in jou lewe voorspoed sal ervaar, fisies en geestelik. Dit verheug Hom om jou te kan seën, want Hy weet dat jy ander kan seën as jy oorvloed het. Ontvang hierdie waarheid vandag.

Aangaande hierdie leesplan

Blessed

Hoe lei jy 'n geseënde lewe? Ek glo dat elke mens na so 'n lewe smag en op soek is na hierdie antwoord. Onder die verskeidenheid kleurvolle karakters in die Bybel, is daar 'n spesifieke een wat ek bewonder. Sy naam word ...

More

Baie dankie aan Brian Houston en Hillsong wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://BrianCHouston.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid