Leesplan inligting

GeseëndVoorbeeld

Blessed

DAG 5 VAN 7

“Vrygewigheid"



Dit is God se natuur om te gee en alles wat Hy doen, spruit uit 'n gees van vrygewigheid. Net so moet ons ook begeer om waarlik vrygewig te wees en toe te laat dat seën deur ons lewens na ander vloei. Vrygewigheid gaan nie oor hoeveel jy het om te gee nie. Dit is ook nie net eenkeer se vrygewigheid wat tel nie — 'n ware gees van vrygewigheid is 'n leefstyl. 



• 'n Sienswyse

"Wie mededeelsaam is, word geseën, want hy gee van sy kos vir arm mense.” (Spreuke 22:9)

Iemand wat 'n vrygewige sienswyse het sal nood vinnig raaksien en ook geleenthede om ander te seën. In plaas daarvan om iemand te wees wat agteroor sit en mense kras beoordeel, sal 'n vrygewige gees ontvanklik wees om goeie dinge van ander te glo.



• 'n Denkwyse

“’n Eerbare mens het eerbare bedoelings...” (Jesaja 32:8)

Wanneer vrygewigheid jou denkwyse is, sal jy altyd op die uitkyk wees hoe en waar om ander te seën. God het die nood van die wêreld raakgesien en 'n vrygewige plan gemaak. Dit word die Evangelie genoem en beteken “goeie nuus.” 



• 'n Lewenswyse

“...en hy kom op vir wat eerbaar is.” (Jesaja 32:8)

Wanneer vrygewigheid 'n lewenswyse is, word dit jou houding. Dit is nie swaar nie, ook nie net 'n eenmalige gebeurtenis of 'n lastige plig nie — dit is 'n leefstyl. God se belofte vir iemand wat vrygewig is, is dat hy self geseënd sal wees.



God se Koninkryk verwys na alles in die hemel en op die aarde. As jy 'n Koninkryk ingesteldheid het beteken dit dat jou visie groter as jyself is — jy sal altyd planne maak om ander te seën. 



LEWENSRUIMTE

Vrygewigheid is nie net 'n enkele daad nie, dit is 'n manier van sien, dink en lewe. Wat meer is, dit is wat God vir jou wil hê. Wees dus op die uitkyk vir geleenthede waar jy ander mense kan seën. Wees strategies in hoe jy gee. Reik uit na mense rondom jou in die naam van Jesus!

Aangaande hierdie leesplan

Blessed

Hoe lei jy 'n geseënde lewe? Ek glo dat elke mens na so 'n lewe smag en op soek is na hierdie antwoord. Onder die verskeidenheid kleurvolle karakters in die Bybel, is daar 'n spesifieke een wat ek bewonder. Sy naam word ...

More

Baie dankie aan Brian Houston en Hillsong wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://BrianCHouston.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid