Leesplan inligting

GeseëndVoorbeeld

Blessed

DAG 2 VAN 7

“Seën”



Volgens Psalm 112:1 (Die Boodskap) is "die gelukkigste mense op aarde hulle wat groot respek vir die Here het, wat met blydskap luister na alles wat die Here sê.”



Regdeur die Bybel belowe God dat Hy Sy mense sal seën, maar Sy seën hang van ons keuses af. Hy stel die mens voor twee duidelike keuses: “Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seën en die straf. Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe.” (Deuteronomium 30:19)



Die boek Deuteronomium in die Ou Testament bevat 'n lys van seëninge en 'n lys van vervloekings wat direk gekoppel was aan die keuse om die gebooie van die Here te gehoorsaam of nie. Jy kan dit in Deuteronomium 28:1-14 lees. Hier is dit duidelik dat jy 'n geseënde lewe sal hê as jy kies om God te gehoorsaam. God se wil is altyd om jou te seën. As jy egter dink dat Sy seën alleenlik vir jou bedoel is, misgis jy jou.



God se seën in jou lewe moet verder strek as net jou eie bestaan. God het vir Abraham gesê dat Hy hom sou seën. Die doel hiermee het egter wyer gestrek as net Abraham se eie lewe. Dit is wat God gesê het:



“Ek sal jou 'n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou 'n man van groot betekenis maak, en jy moet tot 'n seën wees.” (Genesis 12:2)



Die doel van God se seën is om jou in staat te stel om 'n wye kanaal van seën vir ander te wees. As jy niks het nie, kan jy niks vir ander mense beteken nie; as jy net 'n bietjie het, kan jy ander mense net 'n bietjie help; as jy egter baie het, kan jy baie doen. As jy geseënd is, het jy 'n magtige fondament vanwaar jy 'n impak in ander mense se lewens kan maak. Jy is geseënd sodat jy 'n seën kan wees.  



JOU LEWENSTERREIN

God wil jou seën, dus moet jy Hom elke oomblik van die dag eer. Kies die lewe en wees 'n seën vir die mense wat God oor jou pad en in jou invloedsfeer bring!

Aangaande hierdie leesplan

Blessed

Hoe lei jy 'n geseënde lewe? Ek glo dat elke mens na so 'n lewe smag en op soek is na hierdie antwoord. Onder die verskeidenheid kleurvolle karakters in die Bybel, is daar 'n spesifieke een wat ek bewonder. Sy naam word ...

More

Baie dankie aan Brian Houston en Hillsong wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://BrianCHouston.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid