Geseënd

Dag 6 van 7 • Vandag se leesstuk

Oordenking
“Beskerming"



Respek sal jou beskerm teen onverwagse aanvalle van jou vyande. Dit is al eeue lank een van Satan se strategieë om die geloofwaardigheid van Christene te vernietig en die reputasie van die kerk te ondermyn. 



Jy is oneffektief as jy jou geloofwaardigheid verloor. Jy verloor dan ook die gesag, seën en invloed wat jy bereik het. Jou beste wapens teen die aanslae van die duiwel is integriteit, geregtigheid en respek. God se belofte in die Woord is:



"Geen wapen wat teen jou gesmee word om jou aan te val, sal iets uitrig nie; elkeen wat vals teen jou getuig, sal gestraf word. Dit is hoe Ek, die Here, vir my dienaars sorg. Ek laat geregtigheid aan hulle geskied, sê die Here.” (Jesaja 54:17)



Wapens wat teen jou gebruik word sal nie suksesvol wees nie, tensy jy jouself 'n maklike teiken maak. Die Bybel leer ons baie duidelik: “Moenie die duiwel vatkans gee nie.” (Efesiërs 4:27) 



Deur hom geen geleentheid, voordeel of toestemming te gee om in jou lewe te kom nie, is hoe jy sy pogings om jou van God se seën te beroof, sal fnuik.



As jy 'n goeie tennisspeler wil wees moet jy die hoeke sny en sodoende dit vir jou opponent moeilik maak om die bal by jou verby te kry. Dit is hoe jy die aanslae van die duiwel weerstaan — weer sy aanslae af en moenie oor sy lis onkundig wees nie. Satan se spel is nooit regverdig nie. As daar dinge in jou lewe is wat hom 'n rede kan gee om jou aan te val, sorteer dit so gou as moontlik uit. As jy dit nie doen nie gee jy hom die geleentheid om dit teen jou te gebruik. Jy kan jou huwelik, emosies, gesondheid en finansies teen sy aanvalle beskerm as jy volgens God se beginsels lewe. 



JOU LEWENSRUIMTE

Om volgens God se beginsels te lewe is die sleutel om jou teen die vyand te beskerm — deur 'n verhouding met God en bemagtig deur Sy genade. Watter areas in jou lewe is 'n oop deur vir die vyand? Bring daardie dinge voor God in gebed, maak vandag veranderinge en beskerm elke area van jou lewe deur volgens God se Woord te lewe.