Leesplan inligting

Trapklippe Na ShalomVoorbeeld

Stepping Stones To Shalom

DAG 1 VAN 12

Vir Vrede Geskep


In twee pragtige verse in Jesaja word daarna verwys om God te vertrou, en dat God aan ons shalom, vrede gee. Tog, soos met baie verse in die Bybel, vind ons 'n dieper sinspeling en betekenis na vore kom wanneer ons na die woorde in die oorspronklike Hebreeus kyk.



Ons kyk eerstens na die verse in Afrikaans: "U sal 'n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U. Vertrou op die Here vir ewig, want in die Here Here is 'n ewige rots" (Jesaja 26:3-4 AFR53). Ons sien hier 'n duidelike boodskap waar God verklaar Hy gun volle vrede aan diegene wat op Hom vertrou.



In Hebreeus is daar egter drie ongewone woorde in hierdie verse wat byna identies is en dieselfde grondletters deel. Die term wat vir "hulle" gebruik word, is yetzer, wat "skepsels" in hierdie konteks beteken. In plaas daarvan om woorde te gebruik wat gewoonlik in die Skrif gebruik word om na "mense" of "die mens" te verwys, word hier 'n ongewone woordkeuse in die Bybel gemaak wat verkies om na mense wat op Hom vertrou as "skepsels" te verwys en wat 'n "standvastige gesindheid het ..." 



In die Hebreeuse weergawe vind ons twee woorde verder, titzor, wat in hierdie konteks "om te behou" beteken, maar ook "geskep" kan beteken. In die volgende vers word na God as tzur, verwys, wat "Rots" kan beteken, soos om na die Skepper en Volhouer van die wêreld te verwys.



Wat kan ons dus uit die Tora se doelbewuste woord sinspeling leer? 



Dit leer ons dat ons Skepper ons geskape het, sy skepsels, om vreedsame, liefdevolle, wesens vol vertroue te wees. 



Ons is nie geskep om die hele tyd gespanne te wees nie. Om bekommernis met jou saam te dra, is om soos 'n bakkie te wees wat 'n massiewe vrag sement oral saamdra. Die bakkie is nie ontwerp om so 'n swaar vrag te dra nie, en ons ook nie! Ons is in ons diepste wese geskep om volle vrede te hê. Wanneer ons op God vertrou, selfs wanneer ons voor moeilikhede te staan kom, gee God ons die volle vrede wat Hy begeer om aan ons almal te gee. 



Daar is so baie storms in die lewe; ons gaan almal deur moeilike tye. As ons altyd net op die storm fokus, sal ons byna altyd onrus belewe en 'n onstuimige bestaan ondervind. Wanneer ons egter op God fokus, wat groter as enige storm is, kan ons vrede hê ongeag wat die eksterne omstandighede is. God wil hê ons moet Hom vertrou en in vrede lewe. 



Wanneer ons eers geleer het hoe om die storm gelowig en rustig te weerstaan, kan God die storm stilmaak en aan ons 'n aangename atmosfeer gee. Wanneer jy jouself weer in 'n storm bevind, onthou dan dat jy vir vrede geskape is. 



Trapklip 1: Glo dat jy te alle tye vrede kan hê. Die eerste stap na shalom is om te glo dat dit moontlik is — vir jou, vir jou gesin en vir almal. Raak 'n paar oomblikke stil en stel jouself voor hoe jy in volle vrede deur jou dag gaan, ongeag wat in jou rigting kom en glo dan dat dit moontlik is.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Stepping Stones To Shalom

In Judaïsme is die woord vrede — shalom — in die Hebreeuse woord shalem gegrond, wat "heel" of "voltooi" beteken. Ware shalom beteken dus dat verskillende partye doelbewus hul verskille eenkant toe skuif en ooreenkom om ...

More

Ons wil graag vir "International Fellowship of Christians and Jews" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: http://www.ShalomStudy.online

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid