Leesplan inligting

Trapklippe Na ShalomVoorbeeld

Stepping Stones To Shalom

DAG 7 VAN 12

Wees Vredeliewend en Jaag Vrede Na!


 In Levitikus 13:2 sien ons dat enigeen wat vermoed dat hy of sy dalk 'n velsiekte het "wat hom onrein kan maak ", in Hebreeus tzara’at, na die hoëpriester, "Aäron of een van die Aäronitiese priesters toe gebring moet word" (vers 3). Die laaste keer wat ek gedink het daar is iets in my liggaam verkeerd, het ek die dokter besoek. 



Waarom is die kinders van Israel beveel om na 'n priester, spesifiek Aäron, of een van sy priesters toe te gaan?



Ons leer by die Joodse wysgere dat tzara’at nie 'n gewone liggaamlike siekte was nie. Dit was hoofsaaklik 'n geestelike siekte wat fisieke simptome gehad het en daarom was 'n geestelike geneesheer nodiger as 'n mediese kenner. Die kern van hierdie geestelike/fisieke kwaal was die sonde om sleg van ander te praat. Of 'n persoon gereeld geskinder of ander met leuens beswadder het, die resultaat was hierdie onrein velsiekte.



Volgens die rabbi's, is 'n algemene regverdiging van diegene wat skinder, om te sê: "Maar dis waar!" Ons verduidelik ons optrede deur dit as "die waarheid" te regverdig, dus kan jy dit maar sê. Ons kruip weg agter die idee dat "ander die waarheid moet weet", wat dalk in uiterste gevalle so kan wees, maar dis nie gewoonlik so nie. Byvoorbeeld wanneer dit daarby kom om te vertel hoe Susan jou gister behandel het of wat jy gehoor het Bill vir Gary by die koffiemasjien gesê het. Al dink ons miskien ons doen ander 'n guns om die waarheid met hulle te deel, is ons eintlik besig om 'n onguns aan almal te bewys deur 'n wig tussen mense in te dryf en so die bande tussen mense te verbreek.



Daarom is die skindertong na Aäron gestuur. Aäron was die groot kampvegter van shalom, selfs ten koste van die waarheid. Aäron sou so optree: sodra hy hoor van twee mense wat stry, sou hy vir elke party vertel hoe die ander dit berou. Hy sou eintlik oordryf hoe sleg beide partye voel en die goeie dinge wat elk van die ander gesê het. 



Dit sou die gemoedelike atmosfeer skep vir beide partye om bymekaar te kom en te versoen. Ja, Aäron het die waarheid 'n bietjie verdraai, maar dit was ter wille van vrede. Volgens Judaïsme was dit nie net aanvaarbaar nie, maar ook aanbevole. Hillel die Oue het altyd gesê: "Leer by Aäron: wees vredeliewend en jaag vrede na." Ons vind dieselfde opdrag in die Psalms waar dit sê: "soek vrede en jaag dit na" (Psalm 34:15b).



As Aäron bereid was om die waarheid ter wille van shalom op te offer, hoeveel te meer moet ons sogenaamde "waarheid" vermy ter wille van shalom? Kom ons gebruik ons woorde om mense bymekaar te bring. Kom ons bou brûe om ou klowe te help oorbrug. Wees vredeliewend en jaag vrede na!



Trapklip 7: Laat jou woorde net van shalom getuig. Ons woorde het die mag om vrede te skep of verhoudinge te verwoes. Die tong is 'n kragtige wapen. Neem jou voor om die krag van wat jy sê ten goede te gebruik; om mense bymekaar te bring, betekenisvolle bande met ander te skep en demp eerder twis terwyl jy shalom vestig.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Stepping Stones To Shalom

In Judaïsme is die woord vrede — shalom — in die Hebreeuse woord shalem gegrond, wat "heel" of "voltooi" beteken. Ware shalom beteken dus dat verskillende partye doelbewus hul verskille eenkant toe skuif en ooreenkom om ...

More

Ons wil graag vir "International Fellowship of Christians and Jews" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: http://www.ShalomStudy.online

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid