Leesplan inligting

Trapklippe Na ShalomVoorbeeld

Stepping Stones To Shalom

DAG 4 VAN 12

Eerder Vrede as Besittings


Ek het 'n vriend wie se werk dit is om luukse huise te bou en dit dan te verkoop. Gedurende die bou en verkoop van die huise het hy en sy gesin in die huise gewoon. Dit was 'n praktiese besluit wat die gesin broodnodige geld gespaar het.



Ek het sy vrou eenkeer gevra of sy hierdie newe-produk van haar man se onderneming geniet het. Haar antwoord was: "Weet jy, ek het in eenvoudige huise en in luukste huise gewoon en ek het geleer: as jy saans jou oë toemaak om te slaap, is al die huise presies dieselfde!"



Dit kom toe by my op dat ons nie regtig in ons huise woon nie; ons bly in ons liggame. Ons huise kan eenvoudig en nederig wees of elegant en luuks, maar uiteindelik is dit nie wat voorskryf hoe ons voel nie. Ons woon in ons liggame; hoe ons dink, wat ons glo, of ons shalom het, is wat bepaal hoe ons voel wanneer ons saans ons oë toemaak. 



Ons liggame is die hele dag en nag by ons; dit is ons ware tuiste. Wat ons in ons koppe en harte dra, is baie belangriker as die goed in ons huise.



Dit is ook wat koning Salomo in Spreuke bedoel het toe hy geskryf het: "Liewer 'n stukkie droë brood met vrede daarby as 'n huis vol kos met 'n getwis daarby"  (Spreuke 17:1). Dit is dus beter om in gemoedsrus met min te lewe as om alles moontlik te bekom, maar in 'n toestand van onrus te lewe. Die Joodse wysgere leer ons dat dit ook waar is ten opsigte van ons huise — dit hoef nie rojaal te wees nie, maar wel vreedsaam. Dit is ook so waar van ons as mense — ons het nie baie nodig nie, maar ons het wel gemoedsrus nodig om gelukkig te wees.



Ons geslag het wysheid nodig, meer as enige voor ons. Ironies, omdat ons in staat is om meer materiële dinge aan te skaf, is die risiko om minder gelukkig te wees ook groter as in vorige geslagte. Trouens, studies het aangetoon dat ons geslag meer geneig is om swaarmoedig te wees as ander voor ons wat met minder klaargekom het. 



Boonop het studies ook aangedui dat daar nie 'n verband bestaan tussen die gelukkigste mense, en mense in lande met die hoogste lewenstandaard nie. Trouens, in lande waar mense baie minder tot hul beskikking het, is die mense soms die gelukkigste in die wêreld.



Die woorde van koning Salomo is dus 'n goeie herinnering dat gemoedsrus baie meer bevredigend is as enigiets wat ons in ons mae sit. Goeie verhoudinge met ons geliefdes is baie beter as enigiets wat geld kan koop. Almal wil graag geluk vind, maar net sommige soek daarvoor op die regte plekke.



Trapklip 4: Skat vrede na groter waarde as besittings. Soms, selfs sonder om dit agter te kom, offer ons vrede op ter wille van besittings. Byvoorbeeld wanneer ons iets koop wat ons nie regtig kan bekostig nie. Of in uiterste gevalle, sal mense selfs hegte verhoudinge opoffer oor niksseggende meningsverskille wat materiale besittings betref. As ons in shalom wil lewe, moet ons probeer verstaan dat dít werklik baie meer beteken as enigiets wat geld kan koop. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Stepping Stones To Shalom

In Judaïsme is die woord vrede — shalom — in die Hebreeuse woord shalem gegrond, wat "heel" of "voltooi" beteken. Ware shalom beteken dus dat verskillende partye doelbewus hul verskille eenkant toe skuif en ooreenkom om ...

More

Ons wil graag vir "International Fellowship of Christians and Jews" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: http://www.ShalomStudy.online

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid