Leesplan inligting

Trapklippe Na ShalomVoorbeeld

Stepping Stones To Shalom

DAG 9 VAN 12

Staan Saam vir Vrede


Daar was eenmaal 'n ou boer wat vyf seuns gehad het en beswaarlik met mekaar oor die weg gekom het. Toe die bejaarde boer besef sy einde is naby, het hy sy seuns na sy sterfbed ontbied. Die vader het hulle aangeraai om in eensgesindheid te lewe, maar sy woorde het blykbaar op dowe ore geval. Die boer vra toe sy dienskneg om 'n bondel stokkies vir hom te bring. 



Hy vra toe elke seun om die bondel te breek, maar nie een kon dit regkry nie. Toe vra hy die dienskneg om die tou om die bondel los te maak sodat die stokke kon oopval. Nou kon die seuns maklik al die stokke in die bondel breek. Die vader dring toe by sy seuns aan om soos die vasgemaakte bondel stokke saam te lewe — saam sou hulle sterk en onbreekbaar wees; maar as hulle van mekaar geskei word, sal hulle weerloos teen skade wees.



Levitikus 26 begin met 'n reeks seëninge wat Israel sal ontvang, indien die volk God se opdragte uitvoer. Hulle sou genoeg reën, oorvloedige oeste en vrede, shalom ervaar. Wanneer dit by beloftes oor veiligheid en sekuriteit kom, beskryf die Skrif dit so: "Net vyf van julle soldate sal honderd van die vyand op loop jaag, en net honderd van julle sal tien duisend op loop jaag ..." (Levitikus 26:8). Die belofte beteken dus dat net 'n paar van hulle baie sou verslaan. Hierdie belofte het ook inderdaad vir Israel in beide die Bybelse tye en vandag waar geword.



Nietemin, die Joodse wysgere het uitgewys dat die somme in hierdie vers nie klop nie. As vyf 100 verjaag, is dit 'n verhouding van een teen 20. Hierdie verhouding van krag wat God belowe, sou beteken dat 100 Israeliete 2 000 van hulle vyande sal verslaan. Tog belowe die vers baie duidelik dat 100 manne 10 000 vyande sal verjaag. Dit is 'n verhouding van een teen 100!



Die wysgere verklaar hierdie oënskynlike teenstrydigheid deur te verduidelik dat ons nie die eensgesindheid van vyf mense met die eensgesindheid van 100 kan vergelyk nie. Soos die ou boer sy seuns probeer leer het, is daar krag in eensgesindheid. Hoe groter die eensgesindheid is, hoe groter is die krag. 



Shalom beteken dat ons shalem — heel, verenig, volledig is. Wanneer ons in shalom met mekaar is — wanneer ons saam werk en bymekaar staan — is ons sterk en geseënd. 



Op ons eie kan ons wel goed doen, maar saam maak ons 'n groter impak op God se land en sy volk. Saam kan ons baie seëninge vir Israel bring en God sal ons daarvoor seën. Soos Hy in Genesis belowe: "Ek sal seën wie jou seën ..." (Genesis 12:3). 



Trapklip 9: Sluit by ander aan en werk saam. Wees op die uitkyk vir maniere om by ander in alle fasette van die lewe aan te sluit. By die huis, in die werksplek en in ons gemeenskappe, is ons altyd beter as ons saamstaan.


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Stepping Stones To Shalom

In Judaïsme is die woord vrede — shalom — in die Hebreeuse woord shalem gegrond, wat "heel" of "voltooi" beteken. Ware shalom beteken dus dat verskillende partye doelbewus hul verskille eenkant toe skuif en ooreenkom om ...

More

Ons wil graag vir "International Fellowship of Christians and Jews" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: http://www.ShalomStudy.online

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid