Leesplan inligting

Trapklippe Na ShalomVoorbeeld

Stepping Stones To Shalom

DAG 12 VAN 12

Die Seën van Vrede


Gedurende die eerste eeu v.C. is Judea deur koningin Shlomtzion regeer. Oorspronklik was haar naam Alexandra, maar omdat sy vrede gebring het aan 'n volk deurspek met geweld, het sy bekend geword as "sy wat vrede in Sion maak", in Hebreeus is dit Shlomtzion.



Shlomtzion se eie lewe was egter alles behalwe vreedsaam. Sy was getroud met 'n bose monarg wat selfs sy eie gesin gevangene geneem het omdat hy so paranoïes bang was dat een van hulle dalk sy troon kon probeer verower. Intussen was die Jode in 'n genadelose interne stryd betrokke tussen diegene wat 'n meer wêreldse leefstyle wou aanhang en dié wat God, sy Woord en sy wette steeds standvastig wou volg.



Toe Shlomtzion se man egter sterf, het sy heel eerste sy gesin vrygelaat in 'n poging om vrede te bewerkstellig. Daarna het sy, volgens Joodse gebruik, met die broer van haar oorlede man getrou. Ongelukkig was hy net so 'n slegte man as haar eerste een. Daar was steeds baie geweld en interne stryd in die land. Uiteindelik het haar tweede man ook gesterf en het Shlomtzion self die regeerder van Judea geword. In die daaropvolgende nege jaar tot haar dood, het Judea ongeëwenaarde vrede geniet.



Koningin Shlomtzion het daarin geslaag om weer shalom onder haar volk te herstel. In die Talmud, die Judaïsme se Mondelingse Tradisie wat mettertyd versamel en neergeskryf is, word die produkte beskryf wat in daardie kort periode gekweek is en onnatuurlik volop was. Koring het so groot soos boontjies geword, hawer so groot soos olywe en lensies so groot soos groot muntstukke.



Die seën van oorvloed wat oor die land uitgestort is, is toegeskryf aan wat koningin Shlomtzion bereik het, naamlik, om vrede in die land te herstel. Die rabbi's het van die produkte vir toekomstige geslagte bewaar om hulle te wys wat moontlik is wanneer daar shalom is.



Hierdie klein blik gee aan ons die insig wat moontlik is wanneer die seën van vrede heers. Dit is geen wonder dat die Joodse wysgere die Israeliete hierin onderrig het toe hulle die Tora ontvang het nie, hulle was "soos een man met een hart".



Die grootste prestasies van die mensdom vind plaas wanneer daar shalom is. Wanneer ons eensgesind is, is ons beter en dit word in alles weerspieël — van ons vermoë om aanvalle van buite te weerstaan, tot ons verbintenis met God, tot die natuur en die dierelewe om ons.



Dit verduidelik ook die Joodse begrip van die messiaanse tydperk. Baie glo die enigste belangrike verskil tussen daardie tyd en vandag, is dat daar wêreldvrede sal wees. Andersins, noem die Bybel baie wonderwerke wat gedurende daardie tyd sal gebeur, soos "riviere wat in die droë wêreld ontspring" (Jesaja 43:19) en vrede tussen diere "die wolf en die lam sal saam wei" (Jesaja 65:25). As ons eers verstaan wat moontlik is met shalom, kan ons begin begryp hoe wêreldvrede heel natuurlik tot sulke wonderwerke kan lei.



Mag ons almal vrede in ons leeftye ervaar sodat ons daardie messiaanse seëninge kan beleef, wat daardie shalomaan ons kan bring.



Trapklip 12: Moet nooit moed verloor nie. Shalom is ons eindbestemming. Dit maak nie saak hoe lank dit gaan neem of hoe moeilik om dit te bereik nie, ons moet nooit ophou om na daardie vrede te strewe nie. Of dit innerlike vrede, vrede in ons huise, of wêreldvrede is — met Christus is vrede moontlik as ons nooit tou opgooi nie.



Sluit by ons aan by die International Fellowship of Christians and Jews om meer te hoor hoe ons kan saamwerk om vrede onder alle gelowe te bevorder.


Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Stepping Stones To Shalom

In Judaïsme is die woord vrede — shalom — in die Hebreeuse woord shalem gegrond, wat "heel" of "voltooi" beteken. Ware shalom beteken dus dat verskillende partye doelbewus hul verskille eenkant toe skuif en ooreenkom om ...

More

Ons wil graag vir "International Fellowship of Christians and Jews" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: http://www.ShalomStudy.online

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid