Leesplan inligting

Trapklippe Na ShalomVoorbeeld

Stepping Stones To Shalom

DAG 2 VAN 12

Bemeester Gemoedsrus


Die Rabbi van Kelm (in die 19de-eeuse Rusland) was bekend vir die gesegde: "Iemand wat gemoedsrus bemeester het, het alles behaal." 



Ons leer in Genesis 37 dat Jakob die huis van Laban verlaat het om na die land Kanaän terug te keer. Volgens Joodse tradisie, was Jakob se een versoek met sy terugkeer na die heilige land, om gemoedsrus te hê. Die hoofstuk begin dus deur te vertel hoe Jakob hom in die land van sy vaders gevestig het. 



Die rabbi's leer ook dat, toe Jakob hom fisiek in Kanaän gevestig het, hy ook vir God gevra vir die vermoë om in 'n meer geestelike wyse "gevestig" te word na dekades van onstuimigheid wat hy tot op daardie oomblik verduur het. Jakob wou in shalom lewe, in rus en vrede.



Ironies genoeg het een van die mees ontstellende tydperke in Jakob se lewe gevolg. Ons lees van die jaloesie tussen Jakob se gunsteling seun, Josef, en sy broers wat 'n hoogtepunt bereik het toe Josef aan die nomade op pad na Egipte verkoop is en Jakob meegedeel is dat sy geliefde seun dood is. Wat kan meer ontstellend wees?!



Die Joodse wysgere verduidelik dat, toe Jakob vir God om gemoedsrus gevra het, dit die presiese tyd was wat die skeuring tussen Josef en sy broers begin het. Omdat Jakob gemoedsrus wou hê, het God vir hom wedywering en verdeeldheid gestuur. Hoe maak dit dan sin?



Toe God meer onstuimigheid in Jakob se lewe gebring het, was dit nie omdat Hy Jakob se versoek geweier het nie; inteendeel, Hy het dit juis toegestaan. Dit was slegs in die ondervinding van erge onstuimigheid wat Jakob kon leer hoe om voortdurende gemoedsrus te ervaar.



As jy al ooit dopgehou het hoe 'n ervare branderplankryer op die golwe van 'n bruisende oseaan ry, sal jy verstaan hoe hierdie begrip regtig werk. In die geval van die branderplankryer, maak dit nie saak hoe woes die see is nie. Die golwe styg en val, hulle spat en breek. Tog bly die branderplankryer heeltemal rustig terwyl hy bo-oor die bruisende see onder hom met volkome selfvertroue ry.



Natuurlik kon God vir Jakob sy versoek om vrede sonder enige onstuimigheid toegestaan het. Dit sou egter 'n voorwaardelike vrede wees — een wat enige oomblik kon ophou. God wou aan sy geliefde dienaar 'n selfs groter ervaring van gemoedsrus gee — wat dieper en meer stabiel is sodat Jakob daarmee deur die onstuimigheid van die lewe kon ry. 



God wou hê Jakob moes leer dat gemoedsrus en vrede van binne kom, nie van die omstandighede om hom nie. As Jakob eers deur die ergste kon gaan wat die lewe bied, kon hy leer om deur enigiets te gaan. Jakob kon vrede ontdek wat vir die res van sy lewe sou aanhou.



Jy ken dalk mense wat skynbaar 'n maklike lewe het, tog ervaar hulle voortdurende onrus van binne. Ander mense het weer hulle deel van probleme en tog bly hulle kalm en rustig. Die geheim lê in hoe verbonde ons met die uiteindelike bron van vrede is — God.



In Judaïsme is daar 'n lang tradisie van verbondenheid aan God vir vrede en gemoedsrus wat deur stille gebed en bepeinsing verkry word. Dit behoort die doelwit van elke gelowige te wees om geloof en kalmte in die mees ontstellende situasies te handhaaf deur jou oë ferm op God gevestig te hou.



Trapklip 2: Maak vrede 'n prioriteit. Totdat ons shalom 'n doelwit maak wat ons vasberade is om te bereik, is ons kanse baie kleiner om dit te bereik. Gee aan jouself die tyd en ruimte om shalom te oefen deur met God 'n verbintenis te maak terwyl jy alle beheer laat vaar en daagliks op die weë van God vertrou. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Stepping Stones To Shalom

In Judaïsme is die woord vrede — shalom — in die Hebreeuse woord shalem gegrond, wat "heel" of "voltooi" beteken. Ware shalom beteken dus dat verskillende partye doelbewus hul verskille eenkant toe skuif en ooreenkom om ...

More

Ons wil graag vir "International Fellowship of Christians and Jews" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: http://www.ShalomStudy.online

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid