Leesplan inligting

Om na God te LuisterVoorbeeld

Listening To God

DAG 1 VAN 18

God Het Iets Om Vir Jou Te Sê



Een van die belangrikste lesse wat ons kan leer is hoe om na God te luister. In ons ingewikkelde en besige lewe is niks meer belangrik, niks meer nodig en lonend as om te hoor wat God vir ons wil sê nie — beide as 'n liggaam van gelowiges en as individuele mense.



Jy mag dalk vra: "Maar praat God vandag regtig nog met ons?" Die Bybel verseker ons dat Hy dit doen. Die boek Hebreërs begin so: "In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak." (Hebreërs 1:1-2)



Ons God is nie 'n sprakelose God nie. Hy is lewend en aktief in ons wêreld — en Hy praat! Ook praat Hy nie in onverstaanbare terme, raaisels of geheimenisse nie. Hy praat duidelik met ons. Die primêre doel van enige kommunikeerder is nie om goed te praat nie, maar om gehoor te word. God praat op 'n manier wat ons Hom kan hoor, sy boodskap duidelik kan ontvang en presies verstaan wat Hy wil hê ons moet doen.



God praat beide in algemene en spesifieke terme met alle mense en Hy praat persoonlik met elkeen van ons. Ons kan skaars daardie moontlikheid met ons beperkte denke verstaan. God is 'n ewige God en Hy is in staat om met elkeen van ons te kommunikeer net daar waar ons is — te midde van ons huidige omstandighede of krisisse — op 'n baie persoonlike, direkte en duidelike wyse.



Dit kan die belangrikste begrip wees wat jy ooit moet verstaan as jy wil leer hoe om na God te luister. Wanneer God praat, praat Hy met jou. Alles in die Bybel is op een of ander wyse op jou lewe van toepassing. Elke boodskap wat op die Woord van God gebaseer is, bevat die waarheid en is vir jou bedoel. Daar is nie 'n hoofstuk in die Bybel, 'n preek wat op God se Woord gebaseer is, of 'n boek wat God se woord uiteensit en verduidelik, wat nie vir jou bedoel is nie. Elkeen van ons moet God se woord persoonlik opneem.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Listening To God

Praat God steeds vandag met ons? Indien wel, hoe kan ons sy stem onderskei van die misleiding en verdraaiings van die vyand? Sluit by Dr. Charles Stanley aan waar hy jou leer hoe om God se stem te identifiseer, aktief te...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/church-yv vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid