Leesplan inligting

Om na God te LuisterVoorbeeld

Listening To God

DAG 3 VAN 18

Hoe God Gepraat Het



God het deur die eeue heen verskeie maniere gebruik om met sy mense te praat. Ons lei in Genesis 3:8 af dat God daagliks, teen die aand se kant, van aangesig tot aangesig met Adam in die tuin van Eden gepraat het. Nadat Adam ongehoorsaam aan God was, is hy en Eva uit die tuin verdryf en God het ander maniere gebruik om met sy geliefde skepping te kommunikeer.



Daar is ten minste agt maniere waarop God in die Bybelse tye met sy mense gepraat het:



1. Direkte Openbaring — Dit is wat baie mense deesdae as die hoorbare stem van God sal beskou. Mens kan ook dink dat dit 'n baie sterk indruk is, een
wat onverwags kom en wat baie duidelik en spesifiek is. 



2. Drome — God het ook deur drome en visioene met mense gepraat. Dit is tog ook belangrik om kennis te neem dat drome en visioene wat God se direkte boodskap oordra, baie selde gebeur en nie noodwendig bedoel is om met ander te deel nie. Dit gebeur op God se inisiatief is en word deur sigbare omstandighede bevestig. 



3. Die Geskrewe Woord — God het nog altyd baie waarde aan die geskrewe woord geheg. Sy opdragte is beide deur gesproke en geskrewe woorde deur die vroeë kerk versprei. Die geskrewe woord word altyd deur God geïnspireer. 



4. Profete — Hierdie woorde kom herhaaldelik in die Skrif voor: "So spreek die Here." Die profete wat hierdie woorde gesê het, het 'n oorweldigende oortuiging gehad dat God vir hulle 'n boodskap gegee het wat hulle net moes oordra. 



5. Omstandighede — Baie van die wonderwerke in die Bybel kan beskou word as God wat omstandighede gebruik om die goeie nuus van die evangelie boodskap te bevestig. Hulle beklemtoon God se plan en gee 'n tweede getuienis of bewys dat die suiwer evangelie gepreek is (Hebreërs 2:3-4). 



6. Engele — Die woord engel beteken "boodskapper van God". God se engele kom ongenooid, onaangekondig en onverwags na mense toe. Hulle is gewoonlik so ontsagwekkend dat hulle eerste woorde: "Moenie vrees nie", is. Hulle bring boodskappe wat duidelik en spesifiek is en gaan dan weer weg. Die Bybel verwys na engele as "dienende geeste" wat God stuur om ons te help … maar hulle kom altyd omdat God so besluit het en op grond van hemelse gesag.



7. Jesus Christus — God het met ons deur sy Seun, Jesus Christus, gepraat. Hy is God se allerhoogste Woord aan ons, die volmaakte vervulling van al sy wette en gebooie. Jesus is die Woord van God wat vlees geword het (Johannes 1:14). 



8. Die Heilige Gees — Ons sal in môre se leesstuk meer oor die Heilige Gees praat, maar vir eers moet ons verstaan dat God deur sy Heilige Gees met elke gelowige praat. Die Heilige Gees dra God se waarheid oor en Hy is "God met ons" (Johannes 14:16-18). 



Deur te verstaan hoe God in die verlede gepraat het, help lê dit die fondament om die hoof maniere te ontdek waarop Hy vandag met ons praat.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Listening To God

Praat God steeds vandag met ons? Indien wel, hoe kan ons sy stem onderskei van die misleiding en verdraaiings van die vyand? Sluit by Dr. Charles Stanley aan waar hy jou leer hoe om God se stem te identifiseer, aktief te...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/church-yv vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid