Leesplan inligting

Om na God te LuisterVoorbeeld

Listening To God

DAG 4 VAN 18

Die Belangrikste Maniere Waarop God Vandag Praat 



In die vorige oordenking het ons na agt maniere gekyk waarop God deur die eeue met mans en vroue gepraat het. Alhoewel ons nooit 'n beperking kan sit op die metodes wat God gebruik om met ons te praat nie, glo ek, as gevolg van my ondervinding en waarneming, dat daar hoofsaaklik drie maniere is waardeur God vandag met ons praat:



1. Deur Sy Woord — Die Bybel is die Woord van God, sy volledige openbaring en dit is deesdae sy vernaamste manier van kommunikasie met ons. Die Bybel is sy woord vir alle mense, want dit spreek tot die basiese menslike toestand, tot elke emosie, dinamika van menslike verhoudings, hartsprobleme, aspekte van die psige, versoeking en begeerte, hartseer en vreugde, kwessies van geloof, hoop en liefde. Die Bybel dek dit alles! Wanneer ons ook al probleme in die gesig staar, hartseer beleef of vrae het, moet ons eers na die Skrif toe gaan. Daar sal God met ons praat — direk, persoonlik, intiem en effektief (Josua 1:7-8).



2. Deur Sy Heilige Gees — Wanneer ons daagliks in die Gees wandel, oorgegee aan sy mag, het ons die reg en die voorreg om vir alles wat ons nodig het, van God te hoor. Die Heilige Gees wat in ons woon en met ons praat, herinner ons aan wat God in die verlede vir ons gesê en gedoen het. Sy Gees gee vir ons die woorde wat nodig is, die rigting waarin ons moet gaan en lei ons in gebed vir onsself en ander. God lei ons elke dag deur sy Heilige Gees. Hy sê "nee" vir dinge wat ons kan kwaad aandoen, Hy verlos ons van die bose en versoeking en praat in ons harte met 'n "ja" vir alles wat vir ons seën inhou.



3. Deur Ander Christen Gelowiges — God gebruik mense om met elkeen van ons te praat. Sommige is totale vreemdelinge. Ander is geliefde vriende, lede van ons onmiddellike familie, predikers, onderwysers of Bybelstudie groepleiers. God vertroos en lei ons deur die woorde van ander gelowiges en vermaan ons as ons dit die meeste nodig het. 



Kyk na God om sy woord te bevestig. Hy mag jou dalk na twee of meer Skrifgedeeltes in die Bybel lei wat dieselfde betekenis oordra. Hy laat jou dalk 'n preek hoor, of 'n Bybelles wat direk verband hou met wat Hy vir jou in sy Woord gesê het. Hy bring dalk 'n totale vreemdeling oor jou pad om 'n woord met jou te deel wat wonderlik in die kol is met verlede Sondag se preek. Hierdie baie boodskappe aan jou, is deel van God se plan om seker te maak dat jy weet Hy is die een wat met jou praat en wil seker maak dat jy sy boodskap kry, sonder om daaroor te twyfel (Romeine 8:26). 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Listening To God

Praat God steeds vandag met ons? Indien wel, hoe kan ons sy stem onderskei van die misleiding en verdraaiings van die vyand? Sluit by Dr. Charles Stanley aan waar hy jou leer hoe om God se stem te identifiseer, aktief te...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/church-yv vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid