Leesplan inligting

Om na God te LuisterVoorbeeld

Listening To God

DAG 7 VAN 18

Hoe Om Te Weet Die Stem Is Van God En Nie Die Satan Nie



Mense vra dikwels vir my: “Wanneer ek na my gebed luister of ek God se stem hoor, hoor ek soms twee stemme. Hoe weet ek of dit God of die Satan se stem is?”



Dit is 'n geldige vraag, omdat die vyand van ons siele ook probeer om met ons te praat. Ons weet, ná Jesus se versoeking in die wildernis, dat die Satan baie dinge probeer om ons te oortuig om na hom te luister in plaas van na God (Matteus 4:1-11). Die apostel Petrus het ons gewaarsku dat die duiwel altyd op soek is na 'n prooi by wie hy vrees en verwarring kan saai (1 Petrus 5:8). Ons moet voortdurend waaksaam wees om seker te maak ons hoor God se stem wanneer ons bid en op sy antwoord wag.



Petrus was Jesus se volgeling van die begin van Jesus se aardse bediening af, tog is hy eenmaal met die aartsvyand self vergelyk. Jesus aan sy dissipels gesê het Hy sal in Jerusalem onder die priesterhoofde en die skrifgeleerdes moet ly, dat Hy doodgemaak en op die derde dag uit die dood opgewek sal word. Petrus het Jesus toe opsy geneem en vir Hom gesê: "Mag God dit verhoed, Here! Dit sal beslis nie met U gebeur nie” (Matteus 16:22). Hoewel Petrus dalk goed bedoel het, was sy woorde nie God s'n nie, maar eerder in pas met die Satan se boodskap. Jesus het na Petrus toe gedraai en vir hom gesê: “Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê” (Matteus 16:23).



Soos ons hierbo in die voorbeeld van Petrus sien, kom die stem van die Satan soms nie in ons gedagtes en verbeelding nie, maar deur die woorde van ander mense — sommige bedoel dit dalk goed. Die Bybel verseker ons dat daar 'n manier is om die stem van die Satan te onderskei van dié van ons Here. Ek glo dat ons duidelike verskille in die boodskappe sal hoor.



Die Satan Sê: 


· Doen jou eie ding; doen wat jy wil.  


· Lewe in die oomblik. 


· Moenie aandag gee aan wat ander sê nie.


· Jy is so volwasse soos wat jy moet wees. Jy is 'n grootmens.



Die Here Jesus Sê:


· Dink na oor die gevolge van jou gedrag teenoor ander. Leef 'n onselfsugtige, onbaatsugtige lewe.


· Leef met die oog op die ewige lewe.


· Ontvang Goddelike leiding.


· Hou aan groei om meer en meer soos Jesus Christus te word.



Die resultaat is vir seker anders vir ons wanneer ons die Satan se stem en boodskap volg, eerder as dié van die Here. Die Satan se pad lei altyd na verlies, vernietiging en die dood. Die Here se pad lei na oorvloed en die ewige lewe (Johannes 10:10). 



Wanneer jy daagliks saam met die Vader stap, sy woord oordink en Hom in gebed soek, sal jou vermoë om God se stem te onderskei verbeter en sal jy sensitief word vir wat Hy vir jou te sê het. Jy sal sy stem onomwonde en onmiddellik herken, want Hy is jou Vader en Hy het jou op jou naam geroep.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Listening To God

Praat God steeds vandag met ons? Indien wel, hoe kan ons sy stem onderskei van die misleiding en verdraaiings van die vyand? Sluit by Dr. Charles Stanley aan waar hy jou leer hoe om God se stem te identifiseer, aktief te...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/church-yv vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid