Leesplan inligting

Om na God te LuisterVoorbeeld

Listening To God

DAG 8 VAN 18

Ons Ontvanklikheid Om Te Hoor 



Wat jy van God hoor, word deels bepaal deur die houding wat jy inneem wanneer jy in gesprek met Hom is. Ons gesindheid wanneer ons met God in gesprek is, word geaffekteer deur die volgende dinge:



. Ons Vorige Verhouding Met God — Elkeen van ons het 'n geskiedenis met God wat alreeds voor geboorte begin het (Jeremia 1:5). Hy het bestem dat ons op die aarde moet wees, en Hy het 'n plan en doel vir ons, alhoewel ons dalk nie eens daarvan bewus is nie. Nietemin, totdat 'n persoon vir Jesus Christus as sy persoonlike Verlosser, deur geloof, aangeneem het, sal hy nie in staat wees om God te hoor praat oor enige ander onderwerp as verlossing nie. As jy sukkel om God te hoor, moet jy jou verhouding met Hom weer evalueer. Hy word nie gemotiveer om met enigeen van ons te praat op grond van ons goeie dade of ons behoeftes nie. Hy is gemotiveer om met ons te praat omdat Hy 'n verhouding met ons het. 



. Ons Begrip Van God — Wat ons hoor word geaffekteer deur ons begrip van wie God is. Byvoorbeeld: beskou jy God as 'n liefdevolle of veeleisende Vader? 'n Intieme of verlangse Vriend? 'n Geduldige of 'n onverdraagsame Onderwyser? 'n Vriendelike of kwaai Gids? 'n Vrygewige of teensinnige Voorsiener? Sien jy Hom as vol begrip of onsensitief? As jy sukkel om God as liefdevol, geduldig, vriendelik, vrygewig of vol begrip te ervaar, sal dit bepaal wat en hoe jy van Hom hoor. 



. Ons Houding Teenoor God — Wanneer ons tot God nader, moet ons onsself onderwerp aan Hom en sy wil vir ons lewens (Jakobus 4:7). Ons moet vertrou dat Hy slegs dit sal doen wat die beste en die regte ding vir ons is. Ons moet met 'n dankbare hart voor Hom kom vir alles wat Hy vir ons gedoen het en in die toekoms vir ons sal doen.



Deur in die regte verhouding met die Vader te wees, begrip te hê vir wie Hy is, en Hom in nederigheid en eerbied te nader, plaas ons onsself in die regte posisie om nie net aktief te kan hoor wat Hy vir ons wil sê nie, maar ook om sy waarheid in ons lewens toe te pas.


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Listening To God

Praat God steeds vandag met ons? Indien wel, hoe kan ons sy stem onderskei van die misleiding en verdraaiings van die vyand? Sluit by Dr. Charles Stanley aan waar hy jou leer hoe om God se stem te identifiseer, aktief te...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/church-yv vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid