Leesplan inligting

Om na God te LuisterVoorbeeld

Listening To God

DAG 6 VAN 18

Die Kenmerke Van God Se Boodskappe Aan Ons



Jesus het van diegene wat hom volg gesê:



"My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie." (Johannes 10:27-29)


Wat 'n wonderlike stelling van hoop en vertroosting is dit nie vir ons nie! Ons kan die stem van die Here ken. Wanneer ons sy stem gehoorsaam en doen wat Hy sê, sal ons nooit verlore gaan nie, en sal ons ook nooit uit sy hand geruk word nie.



"Maar," vra jy dalk, "hoe kan ek seker wees dat die stem wat ek hoor werklik die stem van God is?" Daar is vyf identifiseerbare kenmerke van God se boodskappe aan ons. Dit is maniere om te bepaal of die stem wat ons hoor werklik die stem van God is. As jy wonder of 'n boodskap van God afkomstig is of nie, kyk of dit aan die volgende kriteria voldoen:



1. Die boodskap moet op die Woord van God, die Bybel, gegrond wees. God sal ons nooit vra om betrokke te raak in enige aktiwiteit wat teenstrydig met sy Woord is nie.


2. Die boodskap sal gewoonlik in konflik wees met die hoofstroom van menslike wysheid. Ons moet erken dat baie in die wêreld wegbeweeg van die waarheid van God se woord. In die meeste gevalle staan God se boodskap in skerp kontras met wat die wêreld om ons oor 'n saak te sê het. Wanneer God egter met jou praat, wil Hy hê jy moet soos Hy begin dink en doen. In die Nuwe Testament word dit "God se gedagtes" genoem. Vra jouself af: Sou Jesus dit doen? Indien nie, moet dit dan nie doen nie.



3. Die boodskap sal bots met vleeslike bevrediging en basiese menslike begeertes. Ons behoort dadelik iets te herken wat nie van God afkomstig is nie, want dit sal ons dring om vleeslike begeertes te bevredig sonder om aan die nagevolge te dink. God gee ons boodskappe wat die Gees van God in ons behaag, nie ons welluste en sondige begeertes nie.



4. Die boodskap sal jou uitdaag om jou geloof na 'n volgende vlak te neem. 'n "Mate van geloof" is aan elkeen van ons gegee, en ons geloof moet groei. Ons groei in geloof wanneer ons van God hoor, gehoorsaam is aan dit wat Hy ons vra om te doen, en dan God se getrouheid aan sy woord in ons lewens erken. 



5. Die boodskap sal persoonlike moed vereis om te doen wat God gesê het of om te verander wat Hy gesê het om te verander. As jy gevra word om teen die stroom van hedendaagse menslike wysheid te beweeg en dit ook teenstrydig is met jou vleeslike natuur, sal dit vir jou voel asof jy 'n risiko neem om aan God se boodskap gehoorsaam te wees. Wanneer jy 'n risiko neem ter wille van God, gaan jy moed nodig hê. Die Here sê vir ons, as ons moed het sal Hy ons harte versterk (Psalm 31:24). Sy stem lei ons nie na beskeie dissipelskap nie, maar na dapper getuienis (1 Korintiërs 16:13-14). 



Maak seker dat jy werklik van God oor 'n saak gehoor het en dat jy presies en duidelik gehoor het wat God sê. Bo dit alles, maak doodseker Hy het klaar oor 'n onderwerp gepraat voordat jy te haastig is om aan Hom gehoorsaam te wees. Maak seker jy het al die riglyne, versekering, begrip en besonderhede wat God graag wil hê jy moet hê. Onderwerp dan die hele boodskap van God aan die punte wat in hierdie les bespreek is.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Listening To God

Praat God steeds vandag met ons? Indien wel, hoe kan ons sy stem onderskei van die misleiding en verdraaiings van die vyand? Sluit by Dr. Charles Stanley aan waar hy jou leer hoe om God se stem te identifiseer, aktief te...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/church-yv vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid