Lewe ek in die Lig van God se Waarheid

Lewe ek in die Lig van God se Waarheid

4 Dae

Matteus 7 is die slot van Jesus se Bergprediking en roep ons op tot onderskeiding, selfondersoek en gehoorsaamheid. Jesus waarsku teen huigelary, moedig opregte geloof aan, en herinner ons aan die realiteit van oordeel. Hierdie hoofstuk gaan oor hoe ons met ander omgaan, maar ook oor ons verhouding met God. Dit sluit af met ’n duidelike keuse: bou jou lewe op die rots van Christus of op die sand van eiegeregtigheid. Hierdie leesplan neem jou daagliks deur Matteus 7 en help jou om Jesus se woorde nie net te hoor nie, maar opreg te leef.

Ons wil graag Moreleta Kerk bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.moreleta.org