Leesplan inligting

Om na God te LuisterVoorbeeld

Listening To God

DAG 5 VAN 18

Hoe God Ons Aandag Trek



Wanneer ons in die Gees wandel en vir God paraat is, hoor ons sy stem as 'n normale deel van ons daaglikse geestelike wandel. Dit is die Christelike leefwyse waarin jy ywerig en gewillig daarna streef om God se stem te hoor op enige manier waarop Hy kies om met jou praat. 



Ongelukkig gebeur dit dikwels dat ons verkies om dinge op ons eie manier te doen. As gevolg hiervan gaan ons dikwels in 'n rigting wat op 'n tragedie of teleurstelling uitloop. God praat, maar ons luister nie. Ons is nie op Hom ingestel nie. 



Gedurende sulke tye gebruik God dikwels ongewone maniere om ons aandag te trek. Van die mees bekende maniere is:



1. 'n Rustelose Gees — God het in die verlede al dikwels 'n aanhoudende rusteloosheid in my binneste gebruik om my lewe in 'n bepaalde rigting te stuur. Wanneer ek terugkyk oor my lewe en bediening, kan ek duidelik sien dat elke keer voordat God my van een bediening na 'n volgende verskuif het, dit deur 'n paar maande se rusteloosheid voorafgegaan is. Hierdie rusteloosheid het my aangespoor om God te soek sodat ek, toe die regte tyd aangebreek het, gereed was om Hom te hoor. 



2.'n Ongevraagde Opmerking Van 'n Ander Persoon — Terwyl alle boodskappe van ander mense nie noodwendig positief is nie, kan ek 'n tyd onthou toe 'n persoon iets baie bemoedigend vir my gesê het. Ek het nie enige kompliment of aanmoediging verwag nie, tog het ek dit op daardie tydstip baie nodig gehad. Toe ek die Here daaroor gevra het, was sy openbaring aan my dat Hy so baie vir my omgee dat Hy iemand anders, wat amper 'n totale vreemdeling vir my was, gebruik het om dit vir my te sê sodat Hy my aandag kon trek.



3. Ongewone Omstandighede (Slegtes en Goeies) — Omstandighede kan maak dat ons ons harte vir God oopstel en ons aandag ten volle op Hom rig. Alhoewel nie alle omstandighede deur God veroorsaak word nie, het ek talle voorbeelde in my bediening gesien van siekte, ongelukke, bankrotskap, egskeidings en ongewone seën, wat mense op hul knieë en in totale afhanklikheid voor Christus bring, soms vir die eerste keer in hul lewens.



4. Onbeantwoorde Gebede — God beantwoord baie van ons gebede op die manier wat ons begeer; nogtans stel Hy soms 'n antwoord uit, of antwoord met 'n besliste "nee", sodat Hy ons aandag kan behou of om te verhoed dat ons van koers af gaan. Hy weet dat, wanneer dit vir ons lyk asof al ons gebede beantwoord is, ons so tevrede kan raak dat ons eenvoudig met ons lewe voortgaan sonder om verder te luister na wat Hy vir ons wil sê. 



Daar bestaan nie by God iets soos "per ongeluk" nie. Die Vader mag van baie verskillende maniere gebruikmaak om ons aandag te trek en ons in pas te hou met sy wil vir ons lewens. Ons moet egter altyd onthou dat Hy presies weet wat die beste vir ons is en Hy sal nooit ophou om ons te probeer bereik nie. Daardeur kan Hy ons lewens rig en stuur in die rigting van sy wonderlike planne en die unieke doel wat Hy vir elkeen van ons het (Jeremia 29:11).


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Listening To God

Praat God steeds vandag met ons? Indien wel, hoe kan ons sy stem onderskei van die misleiding en verdraaiings van die vyand? Sluit by Dr. Charles Stanley aan waar hy jou leer hoe om God se stem te identifiseer, aktief te...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/church-yv vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid