Leesplan inligting

Om na God te LuisterVoorbeeld

Listening To God

DAG 2 VAN 18

Waarom God Met Ons Praat



God praat met ons vir sy eie redes: Hy is lief vir ons en begeer 'n verhouding met ons. Hy begeer om saam met elkeen van ons te stap en te gesels, net soos hy met Adam en Eva in die tuin van Eden gedoen het. Hy het ons lief en wil hê ons moet Hom ook liefhê. Hy gee aan ons en begeer dat ons ook aan Hom sal teruggee. Hy bewaar en beskerm ons teen die kwaad en begeer dat ons Hom vertrou. Hy voorsien in al ons behoeftes en begeer dat ons op Hom staatmaak as ons volkome bron van voorsiening. Hy's ons Vader en ons is sy kinders ... en Hy begeer dat ons verhouding met Hom vreugdevol, liefdevol en 'n vervulling sal wees. 



In sy liefde, begeer God baie beslis dat ons sy waarheid oor wie Hy is, wie ons is en die verhouding wat Hy met ons begeer, sal begryp. Hy wil hê ons moet gelykvormig word aan sy waarheid; daardie waarheid in ons lewens toepas op maniere wat ons sal herskep om nog nader aan die beeld van sy Seun te wees. Hy smag ook daarna om sy waarheid aan ander te kommunikeer



Kom ons ontleed gou elkeen:



· Begrip — God het die Heilige Gees aan al die gelowiges gegee. Hy woon in ons en help ons om sy waarheid te ontvang en te verstaan. Die Heilige Gees ken God se gedagtes volkome en Hy kommunikeer aan ons die waarheid wat God wil hê ons moet hoor (1 Korintiërs 2:12).



· Gelykvormig — Dis nie genoeg dat ons die waarheid verstaan nie. Ons moet aan die waarheid gelykvormig word. Terwyl ons God se woord lees en hoor, kom ons van aangesig tot aangesig met onsself, ons tekortkominge en ons foute. Ons sê keer op keer: “Ek is nie soos Jesus nie … maar ek wil graag wees.” In hierdie oomblikke weet ons God praat werklik met ons, want Hy roep ons altyd om meer en meer soos sy Seun te word (Romeine 12:2).



· Kommunikeer — Laastens: God begeer dat ons sy waarheid aan ander kommunikeer. Hy gee ons nie sy waarheid, seëninge of liefde sodat ons dit alles vir onsself kan hou nie. Hy wil hê ons moet sy liefde, waarheid en seëninge met ander deel en hulle sodoende nader aan die Here bring (Matteus 28:19).



God begeer om met jou te praat sodat Hy vir jou kan wys hoe Hy is; Hy wil Homself aan jou openbaar. Hy weet hoe meer jy Hom sien vir wie Hy in sy volheid is — jou liefdevolle Vader en Skepper wat net die beste vir jou wil hê — hoe meer gaan jy by Hom wil wees. Hoe meer jy by Hom is, hoe meer gaan jy soos Hy wil wees. Hoe meer jy soos Hy word, hoe groter is jou getuienis in die wêreld. Hoe groter jou getuienis, hoe meer sal ander sy stem begin hoor en hoe meer verrykend en liefdevol sal jou verhoudings word.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Listening To God

Praat God steeds vandag met ons? Indien wel, hoe kan ons sy stem onderskei van die misleiding en verdraaiings van die vyand? Sluit by Dr. Charles Stanley aan waar hy jou leer hoe om God se stem te identifiseer, aktief te...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/church-yv vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid