Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Een dooie man, elf dissipels wat van die toneel af verdwyn het en 'n paar vroue wat in die agtergrond rondhang. Op een of ander manier het hierdie gemengde groep 'n bedreiging vir die priesterhoofde, Fariseërs en selfs Pilatus, ingehou.
Onsekerheid het veroorsaak dat hulle ekstra maatreëls getref het om Jesus se graf te bewaak. Maar ons almal weet wat die uiteinde was. As God besluit dat die graf moet leeg wees, sal die graf leeg wees.
Niks kan God se planne dwarsboom nie. Geen wapen wat teen ons gesmee word sal iets uitrig nie. God hou sy beloftes. Van Genesis af is daar meer as 300 profesieë oor Jesus se lewe, dood en opstanding. En Hy het elkeen van hulle vervul.
God doen sy woord gestand. Niks kan in sy pad staan nie.
Oordink
Waarop fokus ek vandag? Is dit op my doodloopstraat-omstandighede of op my God wat uit die dood opgestaan het?
Gebed
Magtige God, dikwels is ek geneig om ontnugter te raak deur toe deure en doodloopstrate. Ek sien net wat reg voor my oë is; die magte wat meer mag kry tot nadeel van ander. Help my egter om te glo dat alles ten goede meewerk vir dié wat U liefhet en wat volgens u besluit geroep is. U is 'n God wat u woord hou. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.
More