Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Die vroue kon nie glo wat hulle gesien het nie. Of eerder, wat hulle nie kon sien nie. Daar was geen liggaam in die graf nie. Die engel het vir hulle gesê dat Jesus opgestaan het. Kon dit waar wees? Met gemengde gevoelens van opgewondenheid en vrees het hulle gehardloop om vir die dissipels te gaan vertel.
Dis toe dat Jesus hulle ontmoet. Die vroue was nie op 'n perfekte plek in hulle geloofswandel nie. Die Skrif sê dat hulle nog steeds bang was. Maar Jesus het hulle ontmoet net daar waar hulle was. Hy het nie gewag tot hulle geloof sterk was nie. Hy het hulle ontmoet terwyl hulle nog besig was om alles wat hulle ondervind het te verwerk.
Al wat die vroue kon doen, was om in aanbidding voor Hom neer te val.
Oordink
Dink ek dat ek 'n perfekte lewe en volmaakte geloof moet hê voordat ek 'n ware verhouding met Jesus kan hê? Wat is my reaksie as Jesus my ontmoet waar ek Hom die nodigste het?
Gebed
God van genade, ek kom in aanbidding na U toe, omdat U na my toe kom waar ek is. U ken my hart en weet dat ek nooit alles 100% sal regkry nie. Dis egter hoekom U u Seun gestuur het om vir my te sterf — omdat ons almal gesondig het en nie deel het aan die heerlikheid van God nie. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.
More