Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Die engel het die verskrikte vroue by die leë graf begroet. As ek oor die engel se woorde nadink, vind dit aanklank by my.
Die engel is nie maar net daar as iemand wat mense by 'n uitstalling begroet nie. Ek hou baie van hierdie insiggewende opmerking: "Ek weet julle soek Jesus."
Soek ons almal nie maar op een of ander manier na Jesus nie? Ons is almal soekers op die reis van die lewe. Sommige van ons het Jesus gevind, maar moet nog 'n pad loop om Hom beter te leer ken. Sommige van ons moet nog ontdek watter vreugde dit is om Hom te ken.
Hoe dit ook al sy, die antwoord lê in die leë graf. Vir almal wat Hom soek, is Hy die opstanding en die lewe.
Die engel nooi die vroue uit: "Kom nader en kyk." Elke soekende persoon ontdek Jesus deur middel van 'n persoonlike ervaring. Dit moet 'n ruiltransaksie wees: my sonde vir sy vergifnis. Ek moet na Jesus toe kom net soos ek is met geen pleidooi, behalwe dat sy bloed ook vloei vir my.
Oordink
Waar bevind ek my op my soektog na God? Moet ek "nader kom en kyk?"
Gebed
Vader, dankie vir die leemte in my hart wat net God kan vul. Niks wat ek het, en niks wat ek doen, kan daardie leemte vul nie. Daarom kom ek na Jesus toe. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.
More