Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

DAG 35 VAN 40

En ons het gedink vroue se bemagtiging is 'n onlangse verskynsel. 

Ek glo God was 'n voorstander van gelyke regte van die oomblik toe Hy Adam en Eva gemaak het (gelyke status maar onderskeie rolle). Maar in vandag se Skrifgedeelte sien ons hoe God sosiale norme in die wind slaan.

Dit was nie toevallig dat dit vroue was wat die leë graf ontdek het nie. Dit was deur God bepaal. Dit was God wat vir ons sê dat vroue waardevol is vir sy koninkryk. Dit was God wat die wêreldorde onderstebo gedraai het.

Vroue van daardie tyd was volgens die kultuur op die agtergrond geskuif. Maar God verhef hulle tot hul regmatige plek as belangrike rolspelers in sy koninkryk. Hy gee die vroue by die graf die belangrike opdrag om sy eerste getuies te wees.

Oordink

Sien ek dat ekself en ander vroue 'n sleuterol in God se koninkryk op aarde speel?

Gebed

Hemelse Vader, dankie vir die ereplek wat U in u Woord aan vroue gegee het. Dit kom deesdae voor asof vroue veg om gehoor, gesien en erken te word. Maar ek sê vir U dankie dat U ons sien, ons hoor en ons bemagtig om belangrike werk in u koninkryk te doen.  Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.   

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.susannarjala.com