Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Hier word 'n ryk, invloedryke man deel van die verhaal. Josef van Arimatea was 'n lid van die Sanhedrin. Hy het waarskynlik baie gehad wat in sy guns getel het: rykdom, mag, aansien en invloed.
Tog het hy alles op die spel geplaas vir Jesus. Hy het sy reputasie in gevaar gestel. Hy het na vore getree op 'n tyd toe dit nog gevaarlik was, toe hy nog bespot kon word, selfs gestraf word. Nogtans het Josef van Arimatea geen verskonings gemaak nie. Hy het sy liefde in dade uitgedruk.
Daar mag 'n oomblik in my en jou lewe kom wanneer ons uit die agtergrond moet tree en iets groots en dapper vir God doen. Dit kan 'n risiko inhou wat jy jou nooit voorgestel het jy sou neem nie. Wanneer God jou egter roep, bekwaam Hy jou.
Oordink
Wat vra God vandag van my? Kan ek sy stem bo al die geraas in my lewe hoor? Is ek bereid om 'n groot stap buite my gemaksone vir Hom te neem?
Gebed
Vader, help my om te onthou dat u genade genoeg is vir elke omstandigheid. Laat hierdie feit my aanmoedig. Soms voel ek meer gemaklik om agter die skerms te wees, terughoudend in my geloof en verkieslik nie 'n risiko te neem nie. U het my egter nie geroep om gemaklik te raak nie. U het my geroep om my kruis op te neem en U te volg. Ek bid dat u Gees my sal oortuig en bekwaam maak. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.
More