Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Die grootste toesmeerdery. Dis wat Jesus se vyande wou doen.
Hulle het 'n bose plan bedink, die soldate omgekoop en gerugte versprei deur 'n groot en kragtige netwerk.
Ten spyte van hulle invloed en slinkse planne was dit die grootste ironie — die priesterhoofde en hulle medewerkers het ten spyte van hulle bedrieglike plan aanvaar dat die graf leeg was.
Mense kan alles probeer om die waarheid te onderdruk en daarvan weg te hardloop. Maar God het die laaste sê. Hy is die oppermagtige, alwetende en almagtige God. Sy waarheid seëvier. Sy waarheid maak ons vry.
Die enigste manier hoe ons die waarheid kan ken is nie net deur die oorweldigende bewyse dat die opstanding geskiedkundig korrek was nie. Die enigste manier hoe ons ten volle oortuig kan wees van die waarheid, is deur 'n persoonlike verhouding met Jesus.
Oordink
Probeer ek die waarheid ontduik deur my bedrywige program of afleidings? Het ek 'n persoonlike verhouding met Christus wat my van die waarheid oortuig?
Gebed
Hemelse Vader, dankie vir u oppermag. Ondanks die korrupsie en verdorwenheid van die huidige wêreldorde en die mense in beheer, regeer U in oorwinning. U waarheid sal bly staan. Ek kan U vertrou en altyd op U steun. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.
More