Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

DAG 30 VAN 40

Wat 'n dramatiese oomblik. Die voorhangsel van die tempel het van bo tot onder middeldeur geskeur.

Die voorhangsel, wat die heiligdom van die aanbidders geskei het, was 'n swaar stuk materiaal. Volgens geskiedkundige verslae, was dit 14 tot 18 meter lank en omtrent 10 sentimeter dik. Dit was nie 'n dun strook lap nie. En dit het van bo tot onder geskeur. 

Hierdie skeuring van die voorhangsel was bonatuurlik en het verwys na die feit dat Jesus se dood vir ons — 'n gebroke en sondige mensdom — die reg gee om in die heiligdom in te gaan en 'n verhouding met God te hê.

Dalk moet ons onsself vra agter watter soort gordyne of sluiers ons wegkruip. Wat weerhou ons daarvan om 'n intieme gesprek met God aan te gaan?

Is my verlede dalk te duister? Of moet ek eers my lewe in orde kry? Kan die gordyn dalk wees dat ek nog vreugde in aardse dinge vind? 

Ons moet glo dat die gordyn alreeds geskeur het. Hebreërs 10:19-20 sê: "Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, en dit op 'n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam." 

Jesus se liggaam is geskeur sodat almal in die heiligdom kon gaan.

Solank as wat ons die gordyn toegetrek hou, sal ons nooit die goedheid van die Here beleef nie.

Oordink

Wat weerhou my daarvan om in die heiligdom in te gaan? Agter watter gordyn kruip ek weg? Nader ek die troon van genade met selfvertroue?

Gebed

Hemelse Vader, dankie dat U die wêreld so lief gehad het, dat U u enigste Seun gegee het. Dankie dat Hy die voorhangsel geword het wat geskeur is, sodat ons in die heiligdom kan gaan. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.   

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.susannarjala.com