Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

DAG 29 VAN 40

Waar ons nou aan die einde gekom het van Jesus se woorde aan die kruis, kom ons gebruik 'n paar minute om die vergete kuns van Christelike meditasie te beoefen.

Dit behels nie dat ons ons gedagtes moet leegmaak nie. Dis ook nie 'n klomp sinnelose herhalings nie. Dit behels meditering op die Woord van God. Dit beteken jy moet nadink oor en tyd deurbring in daardie Woord en dit in jou hart bewaar. Dis nie 'n nuwerwetse, mistieke asketisme nie. 

Dis waaroor Dawid in die Psalms gepraat het: "Dit gaan goed met die mens ... wat in die Woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink." (Psalm 1:1-2)

Gebruik vandag 'n paar minute om weer die woorde van Jesus te lees wat in die vorige sewe oordenkings aangehaal is.

Luister na, of sing die lied hardop, wat Isaac Watts geskryf het:

As ek die kruishout gadeslaan
waaraan die hemelkoning sterf,
dan ag ek al my rykdom waan
en al my hoogmoed slegs verderf.

Verhoed, my God, dat ek ooit roem,
behalwe in my Heilands' dood.
En alles wat ek voordeel noem,
lê ek as offer aan sy voet.

Daar uit sy hoof, sy hand, sy voet
vloei liefde met verdriet gemeng.
Het liefde en smart ooit so ontmoet
of doringkroon so 'n eer gebring?

Het ek die wêreld om te gee,
dit sou 'n nietig offer wees,
want liefde so verbasend eis
my al, my liggaam, siel en gees.

Gebed

Hemelse Vader, ek dink na oor hierdie woorde: "Het liefde en smart ooit so ontmoet?" Daar was nog nooit en daar sal nooit ooit so aangrypend en kragtig melding gemaak word van liefde en opoffering nie. Golgota was 'n geskiedkundige maatstaf. Laat ek nooit sig verloor van die diepte van u opoffering toe U Jesus as die volmaakte Paaslam gestuur het om ons vir ewig te verlos nie. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.   

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.susannarjala.com