Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.” Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas.
Die laaste verklaring. Dit was nie hoogdrawend nie. Dit was nie 'n "ek het dit gedoen" verklaring nie. Dit was nie 'n teologiese debat nie.
Dit was 'n Seun se eenvoudige vertroue in 'n baie goeie Vader. Dit was Jesus wat vir ons wys wat dit beteken om God volkome te vertrou. Dit was Jesus wat vir ons wys hoe Hy afstand gedoen het van sy reg om te lewe. Dit was Jesus wat vir ons wys hoe om te sterf.
Dr. William Barclay skryf: "Jesus het met 'n gebed op sy lippe gesterf. 'Vader, in u hand gee Ek my gees oor' Dit was Psalm 31: 6 (AFR20) met een woord bygevoeg: Vader. Dit wys dat Jesus God nou weer as "Vader" aanspreek, na sy uitroep "My God, my God, waarom het U my verlaat?" So het hy die verbondenheid van die Drie-eenheid hervestig."
Hy het in volkome vrede gesterf en Homself oorgegee aan die Een wat Hy die beste geken het.
Oordink
Wat vra God vir my om aan Hom te oorhandig? Vertrou ek 'n onbekende toekoms aan 'n bekende God toe?
Gebed
Hemelse Vader, dankie dat Christus sy intimiteit met sy Vader in daardie laaste oomblikke aan die kruis getoon het. Dankie vir die vrede waarmee Hy sy laaste asem uitgeblaas het — die vrede wat vir almal wat glo, geredelik beskikbaar is. Help my om U vir môre en vir die ewigheid te vertrou. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.
More