Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

DAG 27 VAN 40

Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.

Daardie drie woorde — Dit is volbring — is 'n verklaring van oorwinning.

Jesus gebruik 'n ongewone sinskonstruksie. (It is finished) Die korrekte taalgebruik sou wees: "It has been finished". 

Jesus het dit egter doelbewus so gebruik, om te verklaar dat die nagevolg van sy offer vir altyd is. Hy is vir vandag. Sy offer is vir nou, net soveel soos dit destyds was. 

Jesus het die taak voltooi waarvoor Hy gekom het. Dit was perfek gedoen. Hy het sy lewe tot die dood toe gegee. Hy het dit vir 'n sondige mensdom moontlik gemaak om 'n ewige verhouding met 'n heilige God te hê.

Niks hoef daarby gevoeg te word nie. Geen goeie werke nie. Nie meer offers nie. Dit was die grootste oorwinning in menseheugenis. Oorwinning oor sonde en die dood. 

Oordink

Glo ek dat ek oorwinning oor sonde het as gevolg van die kruis? Of voel ek dat ek nie heeltemal sterk genoeg is om die aanslae van verdorwenheid van die wêreld te weerstaan nie? Hou ek net aan die kruis vas vir my redding of ook vir daaglikse oorwinning oor sonde?

Gebed

Hemelse Vader, soms sondig ek uit gewoonte. Ek vergeet dat U die oorwinning behaal het. Help my om "dit is volbring" te begryp. Al wat ek doen is om die geskenk te aanvaar en rus te vind in dit wat U volbring het. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.   

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.susannarjala.com