Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

DAG 26 VAN 40

Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kon word, gesê: “Ek is dors.”

Jesus het aan daardie houtbalk gehang en gesukkel om asem te haal. Hy het geweet dat die einde naby was en het uitgeroep "Ek is dors," as gevolg van liggaamlike pyn.

Hoekom?

Daar is dalk diep teologiese redes. Dalk het Hy verwys na sy siel se verlange om mense in die koninkryk te sien kom. 

Ek dink egter dat Hy op hierdie stadium net uitgeroep het met droë lippe en 'n uitdrukking van sy menslikheid. Ja, Hy was ten volle God, maar ook ten volle mens. Hy het die marteling aan sy lyf gevoel. Hy het soos 'n mens gely sodat Hy die hele mensdom kon bevry.

Hy, wat die Lewende Water is, sê nou dat Hy baie dors is.

Jesus aanvaar dat Hy water nodig het. Hy doen afstand van sy onkwesbaarheid om sodoende 'n gebroke mensdom te bereik.

Oordink

Tree ek op asof my lewe totaal en al onder beheer is? Besef ek dat kwesbaarheid nie van my 'n swak persoon maak nie? Gaan ek na die fontein van Lewende Water om dan weer ander lewens water te gee?

Gebed

Jesus, ek staan in verwondering as ek onthou hoe kwesbaar U om my onthalwe geword het. Dat U — die Lewende Water — gesê het dat U dors is, sodat ek meer met U kan identifiseer. U het as mens gely. U het elke klap, sweepslag en spyker, as 'n man ervaar. Ek val in aanbidding voor U neer. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.   

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.susannarjala.com