Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

DAG 19 VAN 40

Die toneel van Pilatus wat sy hande voor die skare was, is in ons kulturele denke vasgelê. Pilatus was oortuig dat Jesus onskuldig was van die aanklagte wat teen Hom gelê was. Sy vrou het hom ook daarteen gewaarsku. Daar was egter min wat hy kon doen om die kwaai skare te oortuig om Jesus los te laat. Hy het keer op keer probeer. Uiteindelik het hy handdoek ingegooi. Maar nie voor hy homself van enige verantwoordelikheid vrygespreek het nie.

Hy was 'n magtige man in 'n magtige posisie. Pilatus het geweet as hy sy voet sou neersit en die regte ding doen, sou hy sy posisie en mag in gevaar stel. Hy het dus die pad van die minste weerstand gekies; hy het gemaak soos 'n 1ste-eeuse, neutrale Switerserland, en nie standpunt ingeneem vir Jesus nie. 

In die strewe na mag, aansien en posisie, ly iets skade — die betekenisvolste een is ons karakter.

Oordink

In watter areas in my lewe moet ek standpunt inneem vir Jesus? Wanneer is die wêreld vir my meer belangrik as aanbidding? Is God besig om sekere areas in my lewe uit te wys waar ek "neutraal" was?

Gebed

Here, ek is jammer vir die kere toe my geloof louwarm was. Help my om nie toe te laat dat my aansien en posisie of my invloedsfeer voorrang geniet bo my geloof nie. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.   

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.susannarjala.com