Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

DAG 21 VAN 40

Hy word net terloops genoem. En tog word sy naam in die Bybel genoem: Simon van Sirene.

Die Romeinse soldate het hom gedwing om Jesus se kruis te dra, maar het hy ook vrywillig besluit om Jesus te help?

Deur Jesus se kruis te dra, was Simon van Sirene die laaste persoon wat hulp aan Jesus verleen het. Hy was onwetend 'n voorbeeld van Jesus se lering, dat wie Hom ook al wil volg, gewillig moet wees om sy kruis op te neem. In hierdie geval was dit nie Simon se kruis nie, maar dit het hom nogtans iets gekos. Hy was heel moontlik bespot en uitgejou. Dalk het die Romeinse soldate hom ook met 'n sweep geslaan. Die kruis was natuurlik swaar en die pad was lank. Nogtans het hy saam met Jesus gestap. En Jesus saam met hom. 

Simon word deur die nageslagte onthou as iemand wat die laaste persoon was om hulp aan Jesus te verleen. 

Ongetwyfeld is Simon se lewe vir altyd verander. Simon het Jesus van naby gesien, gebroke en verbrysel, maar wat nogtans een wankelrige voet voor die ander een sit, en nie een opstandige woord uiter nie. 

Daar was geen manier dat hy na daardie ontmoeting nog dieselfde gebly het nie.

Oordink

Is ek gewillig om deel te wees van iets wat baie groter is as dit wat ek beplan het? Is ek gewillig om my kruis te dra en Jesus op onbekende paaie te volg? Vertrou ek dat Hy saam met my sal gaan?

Gebed

Jesus, ek staan verstom oor u standvastigheid en deursettingsvermoë toe U daardie pad na Golgota toe gestap het. Ek glo dat U al op daardie stadium iets gegee het. U het vir Simon 'n kans gegee om 'n diep, persoonlike ontmoeting met U te hê. Sy verhaal is saam met u groter verhaal verweef. U het die lewe van 'n onbeduidende besoeker aan Jerusalem verander, deur hom in die grootste liefdesverhaal in die geskiedenis in te sluit. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.   

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.susannarjala.com