Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”
Die misdadiger aan die kruis langs Jesus, het sy uitroepe gehoor om vergifnis te vra vir dié wat Hom vasgespyker het.
Hy het geweet dat daar iets anders omtrent die man was wat langs hom gehang het. Ons weet nie wat die ommekeer veroorsaak het nie, maar die misdadiger het gesê: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.”
Die woord "koninkryk" is die sleutel. Die misdadiger was definitief 'n "slegte ou", maar het herken dat die man wat langs hom gehang het en verbrysel en geslaan was, die Koning was.
Hy het sy geloof in hierdie onwaarskynlike heerser geplaas.
Jesus het hierdie veroordeelde misdadiger oombliklik aanvaar. Jesus het afstand gedoen van sy reg op sosiale korrektheid. Hy laat vaar enige idee oor wat sosiaal aanvaarbaar is of as moreel reg beskou word.
Die misdadiger plaas sy geloof in Jesus. Jesus vervang die misdadiger se vuil flenters met 'n kleed van geregtigheid. Sonder enige betaling. Sonder om vrae te vra.
Oordink
Klou ek vas aan enige onsinnige gevoel van wat "sosiaal aanvaarbaar" is vir God? Skryf ek onbewustelik sommige mense af as "kan nie gered word nie"? Wat kan ek doen om waarlik te begryp dat verlossing 'n gratis geskenk vir ALMAL is wat glo?
Gebed
Hemelse Vader, dankie vir die gerusstellende woorde van Jesus aan die misdadiger. Dit was nie net leë woorde nie. Jesus het die belofte, wat Hy met sy bloed gemaak het, verseël. Dankie dat Hy sosiale korrektheid in die wind geslaan en sy genade betoon het. Help my om dit ook te doen. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.
More
Verwante Leesplanne

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

Om op God te Wag

Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes

Die krag van ’n biddende vrou

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

Lewe ek in die Lig van God se Waarheid

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal
