Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Toe Jesus sy moeder gesien het en die dissipel vir wie Hy baie lief was, wat by haar staan, sê Hy vir haar: “Daar is u seun.” Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.” Van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem.
Terwyl Jesus aan die kruis gehang het was sy woorde tot dusver op ander gerig. Hy het vergifnis gevra vir die mense wat Hom gekruisig het. Hy het die misdadiger in die koninkryk verwelkom. En in vandag se gedeelte maak Hy seker dat sy moeder, Maria, en sy dissipel, Johannes versorg is.
Selfs te midde van marteling en vernedering het Hy nie op Homself gefokus nie. Hy wou seker maak dat sy moeder versorg is. (Dit is 'n welbekende feit dat Maria se man, Josef, teen daardie tyd al dood was). Jesus wou vir Johannes, sy geliefde dissipel, die belangrike rol gee om vir Maria te sorg.
Selfs vanaf die kruis het Jesus afstand gedoen van dit wat na aan sy hart was: sy moeder en sy beste vriend.
Oordink
Aan wat of wie hou ek te styf vas? Is God besig om my te oortuig om afstand te doen van iemand of iets en op Hom te vertrou vir daardie oorgawe?
Gebed
Vader, ek weet dat ek te veel vashou aan sekere persone en idees oor hoe die lewe behoort te wees. Ja, dis soms vreesaanjaend om afstand te doen, maar help my om te onthou dat ek daardie persone of dinge aan God oorgee, die Een wat sy enigste Seun na Golgota toe gestuur het om my onthalwe. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.
More
Verwante Leesplanne

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

Om op God te Wag

Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes

Die krag van ’n biddende vrou

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

Lewe ek in die Lig van God se Waarheid

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal
