Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”
Selfs toe die spykers deur sy hande en voete gekap is, het Jesus hierdie woorde gesê. Met elke hamerslag.
Was die Romeinse soldate jammer? Het die Fariseërs enige berou getoon? Het hulle om verskoning gevra?
Nee.
Tog het Jesus hulle vergewe. Eensydige vergifnis. Dit was nie vir Hom nodig dat hulle jammer hoef te wees of om vergifnis hoef te vra nie.
Hy het vir ons gewys wat dit beteken om afstand te doen van jou regte. Selfs jou reg tot vergelding.
Deur dit te doen het Hy sonder 'n wrok gesterf. Hy het die woorde hardop gesê om vir ons te wys wat dit beteken om mense vry te maak van die greep van woede, en in ruil daarvoor, onsself vry te maak van die drukpot van bitterheid.
Oordink
Wie moet ek met vergifnis vrylaat net soos Christus my vergewe het? Is ek gewillig om afstand te doen van my reg op vergelding? Vertrou ek God om my en my saak te regverdig?
Gebed
Hemelse Vader, ek verdien nie die vergifnis wat U so vrylik aanbied deur u Seun nie. Ek bid dat U my sal help om afstand te doen van my reg om reg te wees en my reg op vergelding. Help my om te weet dat wanneer ek mense met vergifnis vrylaat, ek in der waarheid myself vrylaat om 'n meer vervulde, vryer lewe te leef. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.
More
Verwante Leesplanne

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

Om op God te Wag

Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes

Die krag van ’n biddende vrou

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

Lewe ek in die Lig van God se Waarheid

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal
