Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Soms moet ons net tot stilstand kom en toelaat dat die naakte waarheid insink.
Vandag se gedeelte vereis nie verduidelikings of notas nie.
Dit vereis diep, sielvolle oordenking oor alles wat Jesus vir my deurgemaak het.
Dit vereis dat ek nie die gewelddadigheid van daardie dag, 2 000 jaar gelede, verontagsaam nie.
Dit vereis dat ek die Heilige Gees toelaat om die hardheid van my hart te versag.
Omtrent 200 soldate het rondom die Seun van God vergader, met die enigste doel om Hom te verkleineer en te martel.
Het jy gelees dat hulle hom gegésel het? Dit was nie 'n gewone sweep nie. Stukkies metaal en been was daaraan vasgemaak. Baie veroordeelde misdadigers het gesterf as hulle vel letterlik in stukkies geskeur was.
Het jy gelees hoe hulle hom keer op keer oor sy kop geslaan het? Met 'n stok. Op sy kop. Herhaalde kere.
Het jy gelees hoe hulle Hom bespot het? Nadat hulle 'n pers mantel om Hom gegooi het, het hulle 'n doringkroon op sy kop gesit. Hulle het haatdraende woorde geuiter en op Hom gespoeg.
Vandag se gedeelte vereis nie verduidelikings of notas nie.
Dit vereis diep, sielvolle oordenking oor alles wat Jesus vir my deurgemaak het.
Oordink
Het ek ongeërg geraak in my nadenke oor Christus se lyding? Laat ek toe dat die haat en seerkry van daardie dag verander wie ek is en Wie s'n ek vandag is?
Gebed
Here Jesus, ek kan nie eers begin om te verstaan watter marteling en vernedering U om my onthalwe deurgemaak het nie. My hart reageer egter met dankbaarheid. U is volkome perfek en lieflik. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.
More
Verwante Leesplanne

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

Om op God te Wag

Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes

Die krag van ’n biddende vrou

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

Lewe ek in die Lig van God se Waarheid

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal
