Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Binne die bestek van 'n paar ure het Jesus die pyn en onreg ervaar wat niemand behoort deur te maak nie. Veral nie die enigste sondelose mens wat ooit gelewe het nie.
Judas het Hom verraai, 'n klomp mans het Hom in hegtenis geneem, sy dissipels het Hom verlaat, Petrus het Hom verloën en Hy is voor 'n hof gebring wat Hom met verspotte vrae en valse beskuldigings gepeper het. Hy is aangerand, geblinddoek, op gespoeg, geklap en met vuiste geslaan. En dit alles het gebeur voordat hy die kruis na Golgota gedra het.
Ons het nie 'n Hoëpriester wat nie meegevoel met ons het nie. Jesus was in elke opsig getoets en versoek — en tog was Hy sonder sonde.
Wanneer ons deur moeilike tye gaan sou ons verkeerd wees om te sê dat "God nie verstaan nie." Hy verstaan. Hy het deur elke moontlike fisieke, geestelike en emosionele stryd gegaan — en oorwinnend ander kant uitgekom.
Oordink
Voel ek soms dat God nie "verstaan" nie? Wat behoort ek in daardie oomblikke te onthou? Waarvoor kan ek God vandag prys?
Gebed
Jesus, U het om my onthalwe deur elke soort lyding gegaan. Dankie dat U vandag aan die regterhand van die Vader sit en vir ons intree. Dankie dat U wel verstaan. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.
More