Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

DAG 15 VAN 40

Vandag lees ons die bekende verhaal van Petrus wat Jesus verloën. Elke keer wanneer hy gevra word of hy Jesus ken, het Petrus Hom meer heftig ontken. 

Vroeër het Petrus bely dat hy sy lewe vir Jesus sou neerlê, maar nou is hy bang vir 'n diensmeisie. 

Toe die haan kraai onthou Petrus dit — die oortuiging in sy hart is oombliklik. Hy het bitterlik gehuil. 

Die Skrifgedeelte noem dit nie, maar Petrus het die eerste groot verkondiger van die evangelie geword.

Ten spyte van sy fout het Jesus hom ondersteun. Petrus het toegelaat dat sy oortuiging van sonde hom plat trek en hy het toegelaat dat die vergifnis van sonde hom weer ophef.

Ek dink aan hierdie vers: "As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op (Psalm 37: 24). Dit was Petrus. En dit was sy getroue God.

Geeneen van ons grootste foute en flaters en ons grootste, diepste sonde, is bo God se verlossing verhewe nie.

Oordink

Voel ek soms dat God my nie vir 'n sekere sonde kan vergewe nie? Voel ek, al vergewe God my, dat ek myself nie kan vergewe nie? Hoe sou dit wees as God vir my sê dat my sonde uitgewis is en dat Hy 'n nuwe gees in my geplaas het?

Gebed

Hemelse Vader, dankie vir u genade en vergifnis. Ek verdien nie die tweede, derde en soms honderdste kans wat U vir my gee nie. U is getrou en trek my uit die modder en gee my 'n nuwe lied. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.   

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.susannarjala.com