Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

DAG 13 VAN 40

Eensklaps het al die dissipels verdwyn. Hulle het vir hulle lewens gevlug. 

As 'n mens terugkyk vanuit 'n 21ste-eeuse perspektief, is dit maklik om daardie dissipels te etiketteer as lafaards of drosters. Maar is ons enigsins anders as hulle?

Wat het veroorsaak dat hulle uitmekaar gespat het? Hulle het paniekerig geword toe die druk vermeerder en sig verloor van die ewigheid. Die sigbare en tasbare het hulle met vrees vervul. Hulle het tien teen een geredeneer dat dit nie veronderstel was hoe dinge moes uitwerk nie. Hulle leermeester en Here, vir wie hulle vir drie jaar gevolg het, het 'n nuwe koninkryk belowe. 'n Inhegtenisname deur 'n woedende klomp mans was nie in die prentjie nie.

Ons laat ook toe dat omstandighede te groot raak en God te klein. Ons vrees die onbekende. Ons neem haastig besluite in plaas daarvan om 'n God te vertrou wat altyd betyds is. 

Oordink

Wat doen ek as ek die onbekende in die gesig staar? Raak ek paniekerig? Of byt ek vas en vertrou op wat ek weet waar is van God?

Gebed

Vader, ek dank U dat U my vrees vir die onbekende vervang met 'n diepe vertroue in 'n oppermagtige God. Ek wil graag nader aan U kom, sodat my geloof die vrees sal verdryf en ek kan leer om in oorwinning te leef. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.   

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.susannarjala.com