Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Ek het altyd die gedeelte waar die priesterhoofde die pottebakker se grond koop, in die verbygaan gelees. Onlangs het die belaglikheid daarvan my egter getref. Dis amper lagwekkend hoe misleidend en verwronge die priesterhoofde se denke was.
Hulle wou nie die bloedgeld in die tempelfonds stort nie, want dit was "teen die wet." Hulle het dit eerder gebruik om in eiendom te belê. Die priesterhoofde is 'n klassieke voorbeeld van wat dit beteken om die wet na te kom, maar met 'n ongenaakbare hardheid van hart te lewe.
Hulle wou net regverdig voorkom, maar het nie omgegee of hulle geregverdig was nie. Hulle het verkies om hulle aandag van die werklike kwessie weg te lei, eerder as om berou te toon.
Soms wil ons net al die lysies afmerk om die vertoon te behou. Ons laat God nie toe om die wortel van die probleem aan te spreek of ons innerlik te verander nie. Die vyand hou daarvan om ons in hierdie staat van dwaling te hou, sodat ons nie in gebed op ons knieë voor God neerval nie.
Oordink
Op watter gebiede volg ek die wêreld se standaarde na en lewe 'n misleidende, eiegeregtige lewe? Is ek meer besorg oor hoe mense my dade waarneem as oor hoe ek innerlik kan verander?
Gebed
Hemelse Vader, help my om tyd te maak om in u teenwoordigheid deur te bring en toe te laat dat u lig in my lewe skyn. Openbaar aan my op watter gebiede ek met behulp van die Heilige Gees kan verander. Help my om nooit my sonde weg te steek onder lae van afleiding, bedrywighede of dwase dade van eiegeregtigheid nie. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.
More
Verwante Leesplanne

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

Om op God te Wag

Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes

Die krag van ’n biddende vrou

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

Lewe ek in die Lig van God se Waarheid

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal
