Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

DAG 12 VAN 40

Die stilte van die nag was verbreek. Die vrede wat oor die tuin van Getsemane geheers het, was verbrysel. 'n Groep woedende mans, met swaarde en stokke het met een doel gekom: om die Seun van God gevange te neem.

Daar was 'n onderonsie en een van die dissipels het 'n soldaat se oor afgekap. Indringende vrae is aan Jesus gevra. Die groep mans het Jesus toe gegryp en Hom gevange geneem.

Jesus staan in die middel van die chaos — 'n perfekte voorbeeld van krag in beheer. Hy wys vir ons wat sagmoedigheid werklik is.

Dis nie swakheid nie. Soos Jesus sê, kon Hy maklik engele ontbied het om Hom te kom help. Tog het Hy gekies om dit nie te doen nie. 

Ten spyte van hoe die uiterlike omstandighede lyk — 'n klomp vissermanne en hulle leermeester wat deur 'n groep gewapende mans geïntimideer word — was Jesus in volkome beheer van die situasie. Die Almagtige, Oppermagtige God het bewys dat ware krag vertoon word wanneer jy jou regte prysgee vir 'n groter doel. Jesus het nie net sy regte vrywillig prysgegee nie, maar ook sy lewe.

Oordink

Op watter maniere kan ek sagmoedigheid bewys? Kan ek my regte prysgee as dit tot eer van God is?

Gebed

Reddende God, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? U het ons so liefgehad dat U u regte prysgegee het. U het ons so liefgehad dat U uself aan brutale leuens en marteling onderwerp het. Deur u sagmoedigheid het U volkome krag bewys. Help my om my regte prys te gee in lig van u opoffering. Amen. 

Aangaande hierdie leesplan

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.   

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.susannarjala.com