Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

DAG 11 VAN 40

Dit was die grootste verraad — 'n sondelose man wat 'n doodsvonnis gekry het as gevolg van iemand wat voorgegee het om sy vriend en volgeling te wees.

Wat egter my verstand te bowe gaan, is Jesus se stelling aan Judas toe hy saam met 'n groep woedende, misleide mans daar aangekom het. Jesus het net gesê: "Vriend, doen wat jy gekom het om te doen!"

Hy het Judas as "vriend" aangespreek. Ek glo nie dat Jesus daardie bewoording ligtelik gebruik het nie. Dis hoe 'n God van liefde is. Die Bybel sê in Romeine 5:8 dat toe ons nog sondaars was, God sy liefde vir ons bewys het deur Christus wat vir ons gesterf het. Die Boodskap Bybel stel dit so: "Hy wys juis hoe lief Hy ons het deurdat Jesus in ons plek doodgegaan het toe ons almal nog ’n spul sondaars was."

Jesus noem ons sy vriende, al hou ons aan om teen Hom te sondig. Kom ons sien dit as 'n oproep om Hom te prys vir 'n liefde wat ons nooit ten volle sal verstaan nie.

Oordink

Hoe sien ek my rol in die proses van versoening? Voel dit of ek 'n bietjie geregtigheid na die tafel bring wat my saak "help"? Of weet ek dat dit alles oor 'n genadige God handel wat 'n sondaar as 'n vriend aanvaar? 

Gebed

Hemelse Vader, u Gees por my aan om tot bekering te kom, u liefde dring my om in gebrokenheid na U te kom, u Seun red my deur middel van sy kruisdood. Help my om nie een van daardie dinge ooit as vanselfsprekend te aanvaar nie. Amen. 

Aangaande hierdie leesplan

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.   

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.susannarjala.com