Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Drie keer. Dieselfde gebed. Jesus het natuurlik geweet dat sy Vader Hom elke keer gehoor het. Hulle het 'n verbondenheid gedeel wat mense nie kan verstaan nie. Die Vader en die Seun is deel van die Drie-eenheid, die een en dieselfde God. Hoekom het Jesus dan drie keer na die Vader gegaan om elke keer omtrent dieselfde ding te sê?
Dalk was dit om vir ons te wys dat ons aanhoudend moet bid totdat ons die rus ervaar wat net Hy kan gee. Jesus het dit gedoen. Hy het in gebed verwoord wat op sy hart was. Toe Hy die plek van vreugdevolle oorgawe gevind het, het Hy opgestaan en in algehele gehoorsaamheid aangegaan.
Net soos Jesus het ons ook die voorreg om ons harte in volhardende gebed uit te stort. Dit gaan nie daaroor om God om ons pinkie te draai om te kry wat ons wil hê nie. Dit gaan daaroor om te leer om ten volle aan Hom oor te gee. En net soos Jesus kan ons van ons knieë af opstaan en weet dat God ons gehoor het en dat die oorwinning daar is.
Oordink
Wat druk vandag swaar op my hart? Praat ek in gebed met God daaroor? Ervaar ek sy rus? Gaan ek voort in gehoorsaamheid?
Gebed
Hemelse Vader, dankie vir die ongelooflike voorreg om in gebed na U te kom. Dankie vir Jesus se voorbeeld om herhaalde kere na U te kom. Help my om in gebed te volhard totdat ek die vrede en die innerlike krag diep in my binneste ervaar. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.
More