YouVersion Logo
Search Icon

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy HeerlikheidSample

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy Heerlikheid

DAY 7 OF 7

Dag 7: Leef Vrymoedig vanuit die Liefde van God

Paulus se woorde in Romeine 8:31-39 is van die kragtigste verklarings van God se liefde en trou.

"As God vir ons is, wie kan teen ons wees?" (vers 31 AFR53)

Geen teenspoed, geen mislukking, geen mag op aarde of in die hemel kan ons van die liefde van God in Christus skei nie.

Toe Paulus oor God skryf wat sy liefde vir ons deur Christus se dood aan die kruis bewys het, kan dit nie beteken dat God iemand anders gestuur het om vir ons te sterf nie. Dit maak geen sin nie. Die waarheid oor Jesus is dat dit God is wat self mens geword het en vir ons gesterf het terwyl ons nog sy vyande was. Wanneer ons na Jesus die Koning kyk, sien ons God se liefde in werking — wat namens en vir ons — veg en oorwin.

Romeine 5:5 herinner ons dat hierdie liefde van God deur die Heilige Gees in ons harte uitgestort is. Dit beteken dat sy liefde nie net vir ons is nie, maar deur ons in die wêreld werk. 'n Prediker dit so goed gestel: "Deur God se liefde vir Christus is ons saak met God reggestel om daardeur deel van sy regstellende projek te word."

Romeine 5 tot 8 is geskryf om ons sekerheid te gee dat ons waarlik in Christus ingesluit is, op grond van hierdie liefde van God. Dit neem ons van vrees tot geloof, van swakheid tot krag, van eensame afsondering tot ‘n lewe van saamwees en van selfsug tot medelye. Omdat ons sekerheid van God se liefde het, kan ons met vrymoedigheid Hom leer ken en Hom verteenwoordig.

Volgende tree:

Neem ‘n oomblik om te dink oor die werklikheid van God se liefde vir jou. Skryf een manier neer waarop jy hierdie liefde in die week met iemand anders kan deel – of dit deur bemoediging, vrygewigheid, of om bloot net vir iemand daar te wees.

-----------------------------------------------------------

Hierdie 7-dag reis het jou hopelik gehelp om 'n dieper begrip te ontwikkel van die waarheid dat jy ingesluit is in Christus en sy heerlikheid, en hoe jou identiteit in Christus verander het.

Onthou:

  • Jy is in Christus ingesluit.
  • Sy genade regeer oor jou lewe.
  • Jy is vry, geliefd en bemagtig deur die Heilige Gees.
  • Jy is 'n mede-erfgenaam van Christus, geroep om sy liefde en koninkryk uit te leef.

Mag jy voortgaan om in hierdie waarheid te groei en dit in vrymoedigheid te leef!

About this Plan

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy Heerlikheid

Hierdie 7-dag leesplan wil jou help met ‘n dieper begrip van die werklikheid dat ons nou ingesluit is in Christus en sy heerlikheid. Dit sal jou identiteit in Christus versterk en jou bemagtig om met vrymoedigheid in en vir sy heerlikheid te leef. “Ingesluit in Sy Heerlikheid” is nie net ‘n konsep of ‘n tema nie – dit is die realiteit van wie jy is. As jy in Jesus glo, is jy IN CHRISTUS.

More